Joh 12:12-16 Palmsondag
Verwelkoming & Afkondigings
Toetrede
Lied 545 Jesus kom na Jerusalem toe Voorsanger v1, v2, Gemeente v2 Refrein, v 3 (sit) [Steek al 7 kerse aan tydens intro, Kinders kom met vlae in wanneer tweede vers “Hosanna” begin]
Votum
Liturg: Loof die Heer,
want hy is goed.
Gemeente: Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Liturg: Israel moet getuig
Gemeente: Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Liturg: Somerstrand moet getuig
Gemeente: Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Liturg: Die wat die Here dien,
moet getuig
Gemeente: Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Lied 175 Majesteit (sit)
Seëngroet
(Uit Fillipense 2)
Lied Psalm 118:7-8 (staan)
Video & Skriflesing
Johannes 12:12-16
Lofsang
Lied 223 Aan Jesus, Koning, al die eer (staan)
Lied 370:4 … Jare later loop die kinders…(sit)
Gebed
Preek
Die Perfekte Storm
Ken die storie van die “perfekte storm”?
(Boek, later fliek)
Okt 1991
Bemanning van Andrea Gail,
van Gloucester Massachusetts, VSA,
was 800 km van land af
in Atlantiese Oseaan.
Maar weer was vinnig besig te verander:
Kouefront,
gepaardgaande hoëdruksisteem,
was aan opbou.
Val saam met inkomende laedruksisteem.
Twee stelsels beïnvloed mekaar,
veroorsaak kragtige Noordoostewind.
Sigself genoeg sterk storm.
Maar naas h/die twee sisteme,
verskyn Orkaan Grace op toneel.
Soos petrol op vuur.
Magte van natuur bymekaargekom
hulpelose Andrea Gail
van weste, noorde en suid-ooste getref.
Kragtige winde
reuse branders,
boot soos vuurhoutjies uitmekaar geslaan –
slegs stukkies later gevind.
Wanneer Jesus Jerusalem op donkie binnery,
is perfekte storm aan’t opbou.
Drie magte besig opbou,
Jesus binne week sy lewe gaan kos.
Mag vd Romeinse Ryk
Aan een kant,
storm van die Weste:
sosiale,
politieke,
militêre mag
van supermoontheid:
Romeinse ryk.
Rome se mag oor vorige eeue geleidelik toegeneem.
Tot 30 jr voor Jesus geboorte,
republiek.
Maar met Julius Caesar dit verander.
Sy ambisie veroorsaak lang burger-oorlog,
eindig hy vermoor.
Sy aangenome seun,
Octavius,
neem by hom oor.
Neem titel “Augustus”,
beteken “majestueus”,
“verdien eer”.
Augustus verklaar Julius Caesar goddelik,
en hy, Augustus Octavius, dus “seun van God”.
Romeinse Ryk teen hierdie tyd uitgebrei,
van Duitsland tot Egipte,
van Spanje tot Sirië.
Augustus homself “hoofpriester” verklaar,
laat oor hele Romeinse Ryk inskripsies aanbring:
Goeie nuus!
Ons het ‘n keiser.
Geregtigheid
vrede
veiligheid
en voorspoed
is nou vir ewig met ons!
Die seun van god het koning van die wêreld geword!
Na dood, Tiberius oorvat,
selfde titels.
Midde Ooste nb vir Romeinse Ryk –
soortgelyk ons tyd.
Vandag afhanklik Midde Ooste vir olie,
Rome graan, ander landbouprodukte.
Rome self heeltemal oorbevolk.
Taak van Romeinse goewerneur
regspraak
belasting
vrede bewaar – enige onrus onderdruk,
sodat vloei van graan verseker.
Eerste stormwind,
eerste element van perfekte storm waarbinne Jesus inry.
Joodse verwagtings
Tweede element van perfekte storm,
oorverhitte hoëdrukstelsel waarbinne Jesus inry,
is verhaal van Israel.
So ver terug as wat hulle kon onthou,
het die Joodse volk geglo hul verhaal is op pad êrens heen.
Al was daar allerhande terugslae deur hul gesk,
hul God sou sorg dat hulle daardie doel bereik.
Tema deurlopend van bevryding uit Egipte,
God hulle lei na beloofde land.
Geglo gaan weer gebeur.
Al onderdrukkers kan hul ergste probeer,
God sal sy volk bevry.
God sal ingryp,
sy regering op aarde vestig.
Bevryding van mag van Egipte sal nou
herhaal word in bevryding van Romeine.
En Jesus kies Paasfees,
die groot nasionale herdenking van bevryding uit Egipte
om sy skuif te maak.
150 jaar voor hierdie gebeure,
Judas die Makkabeër
(letterlik: Judas die Hamer)
‘n bevrydingsbeweging in Israel gelei.
Was Siriese koning
tempel in Jerusalem aan Zeus gewy
Jode geforseer varkvleis te eet.
Judas die Hamer suksesvolle guerilla-strategie
oor drie jaar
tempel oorgeneem
weer geheilig.
Het die oorwinning met palmtakke gevier.
Oorwinning nie lank geduur,
kort daarna land deur Rome oorgeneem.
Jesus kom Jerusalem ingery,
vir Paasfees,
herdenking van volk bevryding.
Jode waai palmtakke,
sing Jesus woorde van Ps 118 toe:
Prys hom!
Loof hom wat in die Naam van die Here kom!
Die Koning van Israel.
Skare stuur kragtige sein aan Romeinse onderdrukkers:
Soos Moses volk van Egipte se Farao bevry het,
soos Judas die Hamer volk van Siriese koning bevry het,
so gaan Jesus hulle nou weer van die Romeine bevry.
Die ware koning is hier.
Die’s nie ‘n goeie tyd om uit op see te wees
in ‘n op boot nie.
Of om op ‘n donkie in Jerusalem in te ry nie.
God aan die werk
Daar was altyd een hoogs onvoorspelbare element
in Israel se verhaal –
God self.
Oor en oor in die verlede
het hull hul verhaal anders vertel
as wat God dit beplan het.
Hulle het altyd gehoop dat God eenvoudig
hul nasionale ambisies sal uitvoer.
Hy was, immer, hul God.
En hier kom Jesus,
die magtige,
glorieryke
terugkeer van Israel se God
na sy mense.
Maar dis ‘n ander tipe mag as wat hulle verwag.
Jesus klim op ‘n jong donkie.
As hy ‘n tweede Judas die Hamer was,
sou ‘n op ‘n oorlogsperd ry.
Maar God se koninkryk kom nie deur mag en geweld nie.
God se koninkryk kom.
Sy wil geskied
op aarde!
Jesus bring vrede op aarde,
maar nie die vrede van die swaar nie.
Die vrede van God.
Hy heers,
maar hy heer deur te ly en te sterf.
Die koning kom ingery op ‘n donkie.
Dit is die oomblik,
maar die volk kyk anderpad.
Hulle drome van nasionale bevryding,
konfrontasie met Rome,
was nie God se plan nie.
Die Goddelike orkaan waai in van die see af,
en om sy doel te bereik
moet dit die wrede magte van die imperialiste
en die hoëdrukstelsel van nasionalisme
direk tref.
Ons keuse
Soos wat die gebeure,
ook vir ons,
in die komende Heilige Week ontvou,
deel ons in hierdie verhaal.
Maak ons ons eie pelgrimstog
tot die voet van die kruis.
En as ons hierdie week hierdie pad stap
en fokus op die werk van God in Jesus,
dan kan ons nie onaangeraakte toeskouers bly nie.
Hierdie is die perfekte storm.
En ons is deel daarvan.
Dieselfde gesindheid
moet in julle wees
wat daar ook in Christus Jesus was:
Hy, wat in die gestalte van God was,
het sy bestaan op Godgelyke wyse
nie beskou het
as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,
maar Homself verneder het
deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem
en aan mense gelyk te word.
sodat in die Naam van Jesus
elkeen wat in die hemel
en op die aarde
en onder die aarde is,
die knie sal buig,
en elke tong sal erken:
“Jesus Christus is Here!”
tot eer van God die Vader.
Ons leef daagliks in ons eie mikro-weergawes
van hierdie storm.
Met die mag van die breër samelewing,
die kapitalisme,
wat soos ‘n stormwind teen ons waai.
As jy wil voor kom in hierdie wêreld,
moet jy die spel speel.
Moet jy volgens die wêreld se reëls speel.
Plus, natuurlik, van die ander kant af,
jou eie ambisies
en verwagtinge:
wil ‘n graad kry
wil ‘n werk kry
wil trou,
wil soveel geld maak
wil so gemaklik leef
wil op hierdie ouderdom
so gemaklik
aftree.
Belyn ons onsself met die styl
en agenda
van die groot magte in ons samelewing?
Of soek ons heel selfsugtig ons eie voordeel
bou tempels
en kerke
en godsdienste programme
tot ons eie voordeel.
Terwyl ons hierdie Heilige Week die pad stap,
moet ons onsself die hele tyd afvra,
moet ons biddend vra:
waar is God in al hierdie dinge?
Sodat ons nie vir God inroep
bloot om ons eie ambisies te bevestig nie.
Sodat ons nie maak
asof God bloot deel is
van die gees van ons tyd nie.
Oor en oor,
weer en weer,
terwyl ons
in geloof
en hoop
en liefde
vir Jesus volg
in sy reis na die kruis,
sal ons vind dat die orkaan van liefde
wat ons bewend “God” noem
van ‘n nuwe hoek af inwaai.
Dat hierdie orkaan
ons drome vervul,
deur dit eers te vernietig.
Dat hierdie orkaan iets nuuts bring
uit die gevaarlike kombinasie
van ons persoonlike hoop
en kulturele druk.
In die proses
is daar tye
wat ons voel ons word in die dieptes afgetrek,
kilometers van die kus af
tussen reuse branders,
terwyl ons huil
oor ‘n koninkryk
wat nie kom
soos wat ons gedink het dit moet kom nie.
Jesus se perfekte storm.
Te midde van hierdie storm
voel ons dikwels soos die dissipels
op pad na Emmaus:
“Ons het gehoop….
maar nou…”
Maar juis dan,
wanneer jy voel asof die storm jou te pletter gaan slaan,
kan jy weet
dat jy op die rand is daarvan
om ‘n nuwe woord te hoor.
‘n Woord wat kom
wanneer die storm bedaar het.
Wanneer ons in die kalmte na die storm
‘n nuwe pad vorentoe sien,
‘n pad waarvan ons nooit kon droom nie!
“Wat ‘n gebrek aan begrip
en wat ‘n traagheid van Gees!”
sê Jesus vir die Emmausgangers.
“Glo julle dan nie
al die dinge
wat die profete gesê het nie?
Moes die Christus nie hierdie dinge ly
om in sy heerlikheid in te gaan nie?”
Wie weet wat kan gebeur
as een van ons
-10 van ons
– 50 van ons!
hierdie Heilige Week
bid vir die kragtige Wind van God
om in ons storms in te waai,
sodat ons deur die lyding van die Messias
in die lewe kan inkom wat hy vir ons wil gee.
Wie kan dink
hoe God se krag en glorie sal lyk
wanneer dit van ‘n onverwagse hoek af
in ons lewe inwaai.
Gebed
Dankoffer
Gebed
Slotlied
Lied 547 Alle volke klap julle hande
of 215 Besing die lof van Jesus saam
Seën
Respons 370 Refrein
of 545 Refrein