Joh 12:20-33 Om Jesus te sien en te volg
Toetrede
Lydenstyd kers aansteek
(Leesrooster) Psalm 119:10 & 14 (sit)
Votum
Ps 119:10 – 14
Seëngroet
Lofsang
Lied 491 vv 1, 4-5 ‘k het Jesus lief, hy is my lig en krag(staan)
Epiklese
Lied 512 nader my God by u(sit)
(LW NIE 412!)
Gebed
Skriflesing
Johannes 12:20-33
Preek
Onlangs gaan fliek,
sien voorskou fliek “The Lorax”,
boek Dr Seuss.
Nie gesien, nie gelees,
sovêr kan agterkom,
afspeel wêreld geen bome.
Seun wil meisie beïndruk,
gaan soek bome.
Ontmoet Onceler,
vertel hoe bome begin afkap,
Lorax gesê moenie,
maar hy wil Thneeds maak,
kap al bome af.
êrens in storie saadjie
(dalk een van julle gaan kyk / gelees het, vir my vertel):
The last seed?
It’s not what it is.
It’s about what it can become.
Is natuurlik waarvan Jesus in teks praat:
saad op eie nie veel waarde,
kan niks doen.
Maar as geplant word,
kan alles word!
Marshall Shelley, “A Missionary’s Sacrifice Was Worth the Cost,” PreachingToday.com:
J.W. Tucker,
sendeling in die Belgiese Kongo,
het geweet sy lewe is in gevaar toe anargie in 1964 uitgebreek het.
Hy het egter getrou op sy pos gebly,
wetende dat God hom geroep het.
Op ‘n dag val ‘n bende hom aan,
en slaan hom met stokke, knuppels, kaal vuiste en gebreekte bottels dood.
Hulle gooi sy liggaam agter op ‘n vragmotor
en gaan voer dit vir die krokodille in die Bomokanderivier.
J.W. Tucker het alles gewaag,
en kon skynbaar niks daarvoor wys nie.
Dertig jaar later
ontdek ‘n groot vriend van hom,
John Weidman,
egter op besoek aan Zaïre (nuwe naam van die Belgiese Kongo)
hoe God Tucker se offer gebruik het.
Die Bomokanderivier vloei deur die stamgebied
van die Mangbetostam,
‘n groep wat die evangelie glad nie ken nie.
Gedurende die burgeroorlog in die sestigerjare
vra die Mangbetos die sentrale regering in Kinshasa om hulp.
Die hulp kom toe in die vorm van ‘n brigadier,
‘n formidabele polisieman van Isiro,
met ‘n reputasie as sterk leier.
J.W. Tucker het hierdie brigadier
twee maande voor hy vermoor is na Christus gelei.
As ‘n nuwe Christen
het die brigadier sy bes gedoen
om teenoor die Mangbeto te getuig,
maar sonder sukses.
Op ‘n dag verneem hy van ‘n Mangbeto-tradisie wat lui:
“As die bloed van ‘n man
in die Bomokanderivier vloei,
moet jy na sy boodskap luister.”
Die brigadier roep die koning
en die oudstes bymekaar.
Hulle kom in ‘n amptelike raadsvergadering bymekaar
en hoor die brigadier sê:
“‘n Paar maande gelede
is ‘n man vermoor,
en sy liggaam is in julle Bomokanderivier gegooi.
Die krokodille het sy liggaam verskeur.
Sy bloed het in julle rivier gevloei.
Maar voordat hy dood is,
het hy ‘n boodskap aan my oorgedra.
Hierdie boodskap handel oor die Seun van God,
die Here Jesus Christus,
wat na die wêreld gekom het
om sondaars te red.
Hy het vir die sonde van die wêreld gesterf,
Hy het ook vir my sonde gesterf.
Ek het hierdie boodskap ontvang,
en dit het my lewe verander.”
Terwyl die brigadier praat,
het die Gees van die Here oor die mense gekom.
Hulle het op hulle knieë geval
en na God om hulp geroep.
Baie het besluit om die Here Jesus te volg.
Sedert daardie dag
het duisende Mangbetos Jesus aangeneem,
en letterlik dosyne nuwe gemeentes het ontstaan.
OM JESUS TE SIEN
Vanoggend teks groep Grieke vra wil Jesus sien.
Nou eers onthou,
boek Johannes wissel hele tyd twee tipes gebeure:
– wonderwerke
– botsings Joodse leiers.
Hele tyd heen en weer,
spanningslyn al hoër.
totdat Jesus,
kort voor hierdie teks,
Lasarus uit dood opwek.
Sekerlik grootste wonderwerk iemand kan doen,
iemand uit dood opwek!
Ook reeds vooruitskouing Jesus eie opstanding.
So spanningslyn styf getrek.
Ook botsing waarop hele verhaal afstuur,
nader gebring –
mense teen Jesus,
al meer bedreig,
besluit wil doodmaak.
Daarom Jesus van toe af nie meer in openbaar opgetree
(alles Joh 11).
Dan gaan Jesus Jerusalem toe vir Paasfees.
Stories van Jesus wonderwerke al versprei,
sodat wanneer Jesus Jerusalem ingaan,
soos koning ontvang word.
(Volgende Sondag)
Mense swaai palmtakke,
gooi klere in pad,
triomfantlike intog van oorwinnaar!
Dan kom Grieke,
sê wil Jesus sien.
Vra vir Filippus,
(Griekse naam).
Jesus reageer: Tyd het gekom.
Grieke versoek Jesus te sien,
vir Jesus teken: is nou die tyd.
Woord het so ver versprei,
dat selfs Grieke al hom wil sien.
Einde is in sig.
WAAR SIEN ONS JESUS?
Hoewel al mense kom Jesus te sien,
groot verering toe aankom Jerusalem,
hulle nie geweet wie is,
nie verstaan.
Want anders as uitdrukking sê,
is sien NIE glo nie –
v37 v hoofstuk:
Alhoewel Jesus so baie wondertekens
voor die mense gedoen het,
het hulle tog nie in hom geglo nie.
Weet van Jesus,
stel belang,
wil sien…
glo nie.
Want sien,
mens sien hom nie eintlik in wonderwerke nie.
Jesus sê tyd Seun van Mens verheerlik word.
Hoe word verheerlik?
Deurdat sien vir wie werklik is.
Jesus word verheerlik,
deurdat verhoog word –
letterlik aan kruis opgelig word.
DIT is sy verheerliking,
aan kruis sien Wie werklik is.
Sonder kruis,
net met wonderwerke,
selfs net met opstanding,
ons steeds geen idee wie God is.
Juis aan kruis
wat God leer ken.
Sien Wie God in wese is.
Reeks kwartaal Filippense:
God is kruisvormig.
Net soos Grieke en ander van Jesus tyd,
natuurlik steeds vir ons relevant,
vraag of ons God werklik in Jesus sien,
wie eintlik dink God is.
As eerlik moet wees,
dan is doodgaan
nie eintlik een van goed ons dink ‘n God moet doen.
Aangrypende aanhaling:
… The human race is,
was
and probably always will be
deeply unwilling
to accept a human messiah.
We don’t want to be saved in our humanity;
we want to be fished out of it.
We crucified Jesus,
not because he was God,
but because he blasphemed:
He claimed to be God
and then failed to come up to our standards for assessing the claim.
It’s not that we weren’t looking for the Messiah;
it’s just that he wasn’t what we were looking for.
Our kind of Messiah
would come down from a cross.
He wouldn’t do a stupid thing
like rising from the dead.
He would do a smart thing
like never dying.
[Hunting the Divine Fox: Images and Mystery in Christian Faith, p. 91; reprinted in The Romance of the Word: One Man’s Love Affair with Theology, p.314]
Mag sê nee, is nie so.
Ons dien God juis as gekruisigde.
Maar as kyk hoe oor God dink,
wat van God verwag,
dan kom agter
ons dink Jesus aan kruis gesterf,
self opgeoffer – vir ons! –
maar hy’t sy kruis daar agtergelaat,
op Golgota,
2000 jaar gelede.
Ek’s jammer,
dis hard,
maar iemand moet dit sê:
êrens langs pad
is ons mislei
om te dink God staan in ons diens.
Dat God taak
te sorg alles vir my vlot verloop.
As God dien,
sal sorg dat werk kry,
kontrak kry,
gesond word…
en as dan nie doen,
dan voel op manier God nie by ooreenkoms gehou.
Ons dien hom dan –
dan hy mos sorg dinge vir ons volgens (ons!) plan verloop.
Maar wanneer God verhoog word,
word hy gekruisig.
Natuurlik opstanding en oorwinning ook!
Net soveel deel van God openbaring.
Maar beklemtoon vandag kruis,
ons soms nie ernstig genoeg neem.
Glo,
maar nie leef.
SIEN IS VOLG
As sien nie glo is nie,
dan is om Jesus werklik te sien,
om Jesus te volg.
Om te glo,
is om Jesus te volg.
Soos Grieke sê ons: wil Jesus sien.
Sien hom aan kruis
en hoor Jesus sê:
25Wie sy lewe bo My liefhet,
verloor dit;
en wie sy lewe in hierdie wêreld
nie bo My liefhet nie,
sal dit vir die ewige lewe behou.
26As iemand My wil dien,
moet hy My volg;
en waar Ek is,
daar sal my dienaar ook wees.
Om Jesus te dien,
is nie net Jesus te sien.
Is nie net intellektuele instemming paar waarhede.
Gebeur soms dat dink geloof iets met brein doen,
nie met lewe.
Waar wel met lewe doen,
dan eintlik bloot sekere dinge NIE doen.
Sien af van sekere goed.
Maar Jesus beeld van koringkorrel
sê vir ons dat geloof baie meer is dit is.
Geloof is niks minder nie
as totale oorgawe
as om self te sterf.
Dit is die keuse
om ander altyd bo onsself te stel,
om ons naaste lief te hê soos onsself,
om ander te dien.
Standerd 9,
iemand vra: hoe ver neem jy jou geloof?
Gedink baie vreemde vraag.
Sinnelose vraag,
bestaan nie –
daar’s nie ‘n “hoe ver” jy jou geloof neem nie.
Geloof is alles
of niks.
Daar is niks tussenin nie.
Om Jesus te volg
is om te gaan waar hy gaan.
Dit is om te sterf aan jouself,
sterf aan jou eie ambisies
sterf aan jou instink om eie voordeel te soek
sterf aan instink om swaarkry te vermy
Vir meeste van ons
beteken dit nie vuurpeloton.
Beteken wel daaglikse keuse
om eie selfsug te kruisig,
lewe weg te gee
in diens van God.
Want sien,
God is nie in ons diens nie.
Ons,
wat onsself Christene noem,
is in sy diens.
Dit beteken dat ons nie leef vir onsself
ons eie geluk en sukses en selfs mislukkings nie
maar dat ons dit alles oorgee
in diens van Christus.
Dit is omdat ons saam met Christus gesterf het,
dat ons deel kan hê aan sy lewe.
Een van redes hoekom elke jaar Lydenstyd herdenk:
sodat weer hierdie dinge kan oordink,
Christus werklik kan sien,
in sy glorie,
wat die kruis is.
Sodat weer kan dink wat beteken,
ook wat beteken hom te volg.
Jesus sê
as iemand hom wil dien,
moet hom volg.
Wie lewe by Jesus liefhet,
sal verloor,
wie lewe nie bo hom liefhet,
sal dit vir ewige lewe behou.
Dink eie lewe:
wat beteken dit dat self Christen noem?
Geleentheid lewe aflê,
oorgee Christus,
volg waar gaan,
nie tot eie voordeel
maar tot Sy eer.
Gebed
Elspeth Terugvoer
Dankoffer
Slotlied
Lied 505 vv 1-2, 4 (LW VERSE) Jesus U gaan voor (staan)