Huisgeloof: 12-18 Oktober 2015
Getuig
OMGEE-GESPREKKE
- Wat doen jy as jy baie goeie nuus kry?
- Hoekom vertel ons vir ander mense van ons goeie nuus?
BYBELLEES
In ons teksgedeelte van hierdie week kry die dissipels goeie nuus.
- Lees Matteus 28:16-20 saam.
- Wat tref julle in hierdie teksgedeelte oor Jesus se groot opdrag?
GEWOONTES EN GEBRUIKE
- Gesels oor die betekenis van die woord “GETUIG” sodat almal in die gesin mooi verstaan wat dit beteken.
- Hoe kan julle as gesin elke dag getuig oor die goeie nuus van Jesus?
- Skryf of teken julle getuig-maniere op ‘n bladsy en sit dit iewers in de huis op waar julle dit gereeld kan sien.
- Laat ook ‘n spasie oop waar julle later nog getuig maniere kan bysit. Maak dit duidelik aan die gesin dat daar baie verskillende maniere is waarop mens kan getuig en dit kan die hele tyd verander soos wat mens se situasies verander.
Sendingweek begin 18 Oktober waar ons meer gaan gesels oor hoe ons op God se getuigspan is.