Hou Herodes in Kersfees
Mense sê graag hierdie tyd van die jaar: “Let’s keep Christ in Christmas”. Maar dalk moet ons ook sê: “Kom ons hou Herodes in Kersfees”.
Toetrede
Lied 354 vers 1 & 2 O Christus, ons verlange (staan)
Votum
So sal ek kom
Met my stukkie lof
Met my bietjie bid
Met my sinne van stof
Wil ek voor U kom sit
Met vandag se leef
En môre se dood
Met my reguit en skeef
Met my honger en brood
So sal ek kom
As ek kom om te juig
Dankbaar en dom
Sal ek nederig kom buig
(Uit: Optelwoorde – Koos van der Merwe, aangehaal in 2001. Handleiding vir die Erediens, Bybelmedia)
Seëngroet
Mag daar vir julle genade
en vrede
In oorvloed wees
Deur julle kennis
van God
En van Jesus ons Here!
(2 Petrus 1:2)
Lofsang
Lied 368 Wyl herders by hul kudde wag (staan)
Doop
Lied 294 Jesus roep die kindertjies (sit)
Lied 293 Jesus neem ons kleine kinders (sit)
Gebed
Voorganger: Laat ons tot die Here bid
Gemeente: Heer, wees ons genadig.
V: Laat ons
op grond van die geheimenis
van die Woord wat mens geword het,
tot die Here bid.
Gemeente: Heer, wees ons genadig.
V: Laat ons op grond
van die nederige geboorte
van die Koning van lig
in die stal van Betlehem,
tot die Here bid.
Gemeente: Heer, wees ons genadig.
V: Laat ons op grond
van die heerlike verskyning
van die Koning van heerlikheid
aan die herders
en sterrekykers
tot die Here bid.
Gemeente: Heer, wees ons genadig.
V: Laat ons tot die Here bid
vir die vrede
en verlossing
wat sy geboorte bring.
Gemeente: Heer, wees ons genadig.
V: Laat ons tot die Here bid
vir liefde
en vrede
onder alle mense
in wie hy ’n welbehae het.
G: Sing Lied 247
V: Help ons,
red ons,
troos ons,
bewaar ons,
Woord wat mens geword
en onder ons kom woon het.
G: Amen
Skriflesing
Preek
Tussen Kersfees en Nuwejaar
Die Sondag na Kersfees.
Altyd ongemaklike Sondag te preek.
Kerk leeg.
Prediker orrelis moeg.
En wat sê mens nou op Sondag na Kersfees?
Kersdag hoogtepunt!
Geskenke
En vol kerk
En musiek
En engele
En herders
En babatjie saggies kreun in krip.
Maar vandag…
So tussen Kersfees en Nuwejaar.
Soos om 22 te word:
Almal gaan aan 21,
Sien uit,
Hoogtepunt –
Maar 22 –
Wat dit nou?
Sondag tussen Kersfees en Nuwejaar.
Sondag van oorskietkos
En stapels skottelgoed
Leë, geskeurde geskenkpapier
Voedselverwerker (sokkies) iemand gedink goeie geskenk sal wees
Swaer se grappies
wat eintlik begin van maand al op senuwees gewerk
Die volle Kersverhaal
Maar ek wil ons vandag herinner
Aan Kersverhaal in totaliteit –
Die dele waaroor ons nie sing nie,
Of as wel liedere is wat dit bevat,
Is liedere ons nie ken.
Dele uitgelaat word in ons sentimentele
Idilliese
Ontsmette
Weergawes van die Kersverhaal.
Dit is die verhaal van ’n jong, swanger vrou
En haar verloofde
Wat ’n lang reis aflê,
By hul bestemming aankom
En nie blyplek kan kry nie.
Vreemd,
Want Josef sou tog familie in dorp hê,
Geen manier familie jou nie ontvang!
So plek waar hulle nie blyplek kon kry
Nie hotel,
Maar by familie!
Hierdie storie van jong, swanger vrou en verloofde
Deur familie weggewys
Verwerp word
Weens skande oor familie gebring.
Nie welkom is by eie mense.
Hierdie storie van jong vrou –
Wat in stal (waarskynlik grot)
Geboorte gee –
Niks ontsmet
Geen vroedvrou.
Sommer net daar,
in die vuil,
die stink,
onhigiëniese –
erger nog – onrein! –
omstandighede.
Verhaal waar kom sê jaar later
Paar mense opdaag –
Weet nie hoeveel,
Weet nie presies van waar,
Weet net Ooste.
Nie konings,
Nie wyses –
Sterrekykers.
Astroloë.
Towenaars.
Beslis nie so wys,
Want gaan na Herodes –
Die koning!
Vra waar nuwe koning is.
Dis die ware Kersverhaal.
En nou sal ons nog vertel van die geskenke wat hulle gebring het:
Goud
Wierook
Mirre.
’n Rykdom vir ’n koning.
Maar nou hou die storie skielik op.
Slaan die res van die storie oor.
Fast Forward na ’n doop in die Jordaan.
Weet julle hoe ek gesukkel
Video van Skriflesing te kry
Wat res van verhaal insluit,
Nie skielik stop by geskenke?
Want ons wil nie aangaan nie.
Wil nie hoor van vlugtelinge
En massamoord
En korrupte leiers
Se magsmisbruik.
Nie vandag nie.
Nie Kersfees nie.
Wil nog bietjie bly wees,
Nog feesvier.
Die Disney weergawe van die Kersverhaal hoor.
Maar probleem met Disney weergawe
Is dat dit maklik ’n storie bly.
’n Fabel,
Apart van ons daaglikse realiteit.
Dis ons gunsteling fliek
Wat ons een maal per jaar afstof
In DVD-speler sit
Vir solank as wat ons storie kyk
Ontsnap van realiteit van lewe –
Vergeet van regte lewe,
Self verloor in fantasieverhaal.
Dan reduseer ons Christenskap
Die betekenis van ons geloof
Die betekenis van Christus se koms.
Dan bied Christenskap mooi musiek op Kersfees
Een maal per jaar geskenke vir babas van Ithemba Lam –
Maar het niks te sê vir sistemiese terreur
Wat veroorsaak dat plek soos Ithemba Lam enigsins nodig is,
Niks te sê vir korrupte leiers
Of selfs familie-fetes.
Malala Yousafzai
Op 10 Desember vanjaar
Word Malala Yousafzai
’n 17 jarige Pakistani skoolmeisie
Die jongste mens ooit
Om die Nobelprys vir vrede te wen.
En op 16 Desember
Bestorm 7 Taliban terroriste
’n skool in Peshawar, Pakistan,
En vermoor 141 mense –
Baie skoliere,
Los etlike meer beseer.
DIS die wêreld waarin Jesus gebore word.
’n Wêreld vol terreur
En pyn
En hartseer
En stukkend.
’n Wêreld vol sistemiese terreur
Waar kinders – en grootmense –
Slagoffers is
Van menslike gulsigheid
En trots
En haat
En vrees.
Waar M.I.V. en vigs
En armoede
En ongelykheid
En korrupsie
En geweld
Op mekaar inspeel
En mense verstrengel
in ’n geknoopte gemors van onreg.
Om nie eers te praat
Van ons elkeen
Se eie daaglikse worstelinge
En bekommernis
En seerkry
Nie.
Iemand skryf
Dat mense graag hierdie tyd van die jaar
Sê:
Let’s keep Christ in Christmas.
Maar,
Sê sy,
Ons moet eerder daarvoor baklei
Om Herodes in Kersfees te hou.
Hou Herodes in Kersfees
Want die wêreld waarin Jesus gebore is
Is nie ’n wêreld waarin alles altyd net wonderlik is
En engele sing
En wyses in prag en praal duur geskenke bring nie.
Dit was dit nog nooit nie
Dit is dit ook nie nou nie
God het in ’n mens-vel ingeklim
Broos en kwesbaar geword
En in HIERDIE wêreld om woon.
’n Wêreld so gewelddadig
En ontstellend
Soos ons eie wêreld.
Baie jare gelede
Vertel van eie geloof,
Wat Kersfees beteken.
Was pop-treffer,
Tot 10 lys gehaal.
’n Radio DJ oor die lied gesê:
Die lied is okay,
Maar het geen sneeu
Of takbokke
Of wyn,
Geen presente om ’n boom
Of Kersvader nie.
Om waarheid te sê,
Het eintlik niks met Kersfees te doen nie.
Juis.
Jesus gebore IN hierdie realiteit,
Met ISIS
En die Taliban
En mense in die bos hier om die draai woon
En mishandelde
En weggegooide babas
By Ithemba Lam.
Herodes het iets verstaan van Jesus se geboorte
Waarvoor ons sentimentaliteit ons verblind:
Herodes het verstaan
Dat Jesus se geboorte
’n bedreiging is vir sy koninkryk,
’n bedreiging is vir alle vorme van magsmisbruik
En boosheid.
Die koms van Jesus
Skud die totale fondament
Van die sisteme wat ons bind
Van die wat mag wil misbruik
Vir hul eie gewin.
Die goeie nuus van Kersfees
En DIT is die goeie nuus van Kersfees.
Nie die engele
Of die glinsterende sterre nie.
Die goeie nuus is
Dat God gebore word
As mens
In hierdie wêreld,
Met diep pyn en seerkry
Ernstige disfunksie
’n wêreld vol gebrokenheid
En politieke korrupsie.
Jesus word gebore
As ’n uitgeworpene.
’n Hawelose.
’n vlugteling.
God het deel geword van ons wêreld
Soos dit REGTIG is.
God is deel van ons wêreld –
Waar ons heerlik as familie saam kuier
Om ’n tafel wat kreun onder die feesmaal
Om ’n blink boom gestapel met geskenke.
Maar ook onder die bos, honger in die reën.
Ook in die alleen
Terwyl almal om jou met familie kuier.
Ook in die hartseer
Van verlies en seerkry van die afgelope jaar.
Ook by die geskeide ouer
Wat oor Kersfees die stormagtige waters
van kinder-toesig moet navigeer.
God is deel van ons wêreld –
Ook in die bekommernis oor kinders.
Of die gemis en verlange na kinders wat vêr is.
Ook in die spanning rondom ’n bankrekening
Wat al leër raak
En werks- of besigheidsgeleenthede wat daar eenvoudig nie is nie.
Ook in die diagnose
Wat soos ’n onverwagse vuishou in die maag gekom het.
Ook in die kosbare verhoudings
wat onder ons lomp hande verbrokkel het.
Dit is die goeie nuus van Kersfees.
God het mens geword.
God het deel geword van ons wêreld –
Van hierdie wêreld
Soos dit regtig is.
Omdat hy by ons wil wees,
Saam met ons wil stap.
Omdat hy ons lief het –
Selfs die wat hom kruisig.
Selfs Herodes.
Ek sluit af met ’n gedig
Getiteld
“Kersfeesdrome”
pakke presente onder elke boom
elke present, iemand se droom
blink papier sneeuvlokkies
vader krismis van blik
plastiek klokkies
dennenaalde van ’n uitheemse boom wat vergete vrek
geskeurde geskenkpapier
leë bokse
batteries not included
dit is volbring
en Kersfees maak sin
(Rethie van Niekerk)
Gebed
Dankoffer
Slotsang
Lied 373 U, Jesus, eersgebore kind
Seën
Die Here sal julle seën
en julle beskerm.
Die Here sal tot julle redding verskyn
En julle genadig wees.
Die Here sal julle gebede verhoor
En aan julle vrede gee.
Respons
Lied 373 Refrein