Skip to main content

Dag 9: Gebedsfokus op herlewing: Oorwinning oor sonde!

Woensdag 21 April 2010

Dag 9: Gebedsfokus op herlewing: Oorwinning oor sonde!

Hebreërs 2:16-18: Dit is duidelik dat dit vir Hom nie om die engele gaan nie, maar om die nageslag van Abraham. Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen. Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Oordenking: Jesus kry nie skaam en word nie in die verleentheid gebring deur enige mens nie. Hy weet presies waardeur ons in hierdie lewe gaan. Hy verstaan elke sonde, elke mislukking, elke versoeking, elke emosie en elke verlies. Hy het Homself gegee sodat ons gehelp kan word om alle sonde, versoeking en pyn te oorkom. Ons kan áltyd op Hom vertrou om ons te help.

Persoonlik: Jesus deel in jou lyding en wil hê jy moet deel in Sy vreugde en liefde vir die Vader. Hy is jou Broer. Hy kan jou na die Vader neem en aan die Vader voorstel. Kan jy Hom vertrou om jou te help wanneer jy in die versoeking is? Hy wil jou vertroue met Sy hulp wen. Gee jouself en jou stryd om sonde te oorwin, aan Hom oor. Laat Hom toe om jou te oortuig en jou tot inkeer te bring.

Gemeente: Bid dat Christene sal besef dat Jesus daar is om ons te help om elke versoeking om sonde te doen, te oorwin. Hy het dit oorwin, dus weet Hy hoe om ons te help om ook te oorwin. Bid dat ons as die Kerk Hom sal vertrou om ons te help om sonde en versoeking te oorkom, en nie ‘n kompromie met die wêreld aan te gaan as gevolg van ons eie onvermoë om sonde met wilskrag alleen te oorwin nie.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.