Dag 7: Gebedsfokus op herlewing: Uit die dood kom lewe

Maandag 19 April 2010

Dag 7: Gebedsfokus op herlewing: Uit die dood kom lewe

Hebreërs 2:9: Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is ‘n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe.

Oordenking: Net soos duisternis gemeet kan word aan die afwesigheid van lig, net so kan dood slegs gedefinieer word deur die afwesigheid van lewe. Omdat God Lewe is, moet dood dus die afwesigheid van God beteken. Toe Jesus “die dood geproe” het, beteken dit dat Hy die volle implikasies daarvan ervaar het om namens ons heeltemal van God geskei te wees, sodat ons nooit nodig sal hê om die verskrikking van hierdie ewige “dood” te ervaar nie.

Persoonlik: Jesus se dood beteken die ewige lewe vir ons almal. Het jy Hom al ooit gedank vir hierdie geweldige, onverdiende geskenk: om nooit die ware dood te ervaar nie (die afwesigheid van God), maar om lewe vir ewig te proe (onbeperk, ononderbroke intieme nabyheid by God)? Vra dat die Heilige Gees jou na die kruis sal bring om die volle krag van Jesus se dood te ervaar: die oorwinning oor sonde en vrees vir die dood.

Gemeente: Bid vir ‘n dieper, ware begrip in die Kerk van wat “redding uit die dood” beteken, en dat mense bereid sal wees om deel te hê aan Sy lyding, sodat die heerlikheid van Jesus in die Kerk geopenbaar kan word.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.