Skip to main content

Dag 19: Gebedsfokus op herlewing: Rus van werk

Saterdag 1 Mei 2010

Hebreërs 4:10-11 … want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan.

Oordenking: Dit is oënskynlik twee teenoorgesteldes: “rus van werk” en “beywer om in te gaan”. Rus van werk beteken nie om niks te doen nie. Dit beteken dat ‘besigwees vir God’ nie noodwendig vir jou die vrede sal gee waarna jy soek nie. Hierdie vrede kom slegs wanneer jy geleer het om in intieme gemeenskap met God deur Jesus Christus te rus. Die strewe is om in te gaan; dit beteken om lang tye in God se teenwoordigheid deur te bring, en die Heilige Gees en Jesus toe te laat om in jou te bewerk wat jy self nie kan doen nie.

Persoonlik: Die werk wat gedoen moet word, is om jou geloof te oefen. Om jou geloof te oefen moet jy jou in God se teenwoordigheid plaas, glo dat Hy jou hoor en op Hom wag om met jou te praat. Dan bly jy daar by Hom, terwyl jy partykeer luister, partykeer aanbid en partykeer die Woord se beloftes as’t ware ‘terugbid’ na Hom. Here, help ons om in te gaan en U teenwoordigheid te ervaar!

Gemeente: Bid dat God barmhartig sal wees en ‘n gees van gebed op die kerk sal uitstort. Soek ander gemeentelede op en begin om saam te bid en God te soek vir jou gemeente.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.