Skip to main content

Dag 11: Gebedsfokus op herlewing: Kyk op na Jesus!

Vrydag 23 April 2010

Dag 11: Gebedsfokus op herlewing: Kyk op na Jesus!

Hebreërs 3:1: Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely.

Oordenking: Die geheim van die Christelike lewe is geloof wat op Jesus gefokus is. Dit behels om ons harte op Hom in te stel en Hom te vertrou vir die vervulling van al God se beloftes. Dit is om te glo dat, ten spyte van al ons swakhede en sonde, Jesus in staat is om ‘n heerlike transformasie in ons te bewerkstellig. Maar dan moet Hy die middelpunt en fokus van ons geloof wees.

Persoonlik: Baie mense se geloof in Jesus is net daarop gemik om eendag “hemel toe te gaan”. Hulle begryp nie dat geloof ‘n lewende, elke-oomblik-van-die-dag-interaksie met Jesus is nie. Met betrekking tot Jesus, beteken dit dat jy jou hart en gedagtes op Hom rig en op Sy vermoë om jou meer as ‘n oorwinnaar te maak. Hy wil jou ‘n deelgenoot maak van Sy hemelse roeping. As jy dit begeer, moet jy vroeg-oggend jou hart op Hom instel en so gereeld as moontlik deur die dag, en dit moet die laaste ding wees wat jy doen voordat jy saans gaan slaap.

Gemeente: Bid dat die Kerk sal terugkeer na die feit dat Jesus die Kern van ons geloof is. Bid dat mense sal begeer om Hom te leer ken vir wie Hy werklik is.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.