Tema:Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20Reeks: Die eenheid van die kerk is op die spelNG Kerk Somerstrand 15 Augustus 2021 09:00 (Youtube en kerk)
Die Internet toegang vir die lewendige video Sondag het eers na ‘n halfuur oopgegaan. Daarom is ‘n groot deel van die erediens nie opgelaai nie. Ek het egter ‘n video met my selfoon gemaak. Jy kan die erediens nou as ‘n geheel kyk, of net na die klankbaan luister.
Baie dankie – NG Kerk Heidekoppie – vir die uitnodiging om oor die laaste dinge te gesels, die eskatologie, die leer van die laaste dinge. Julle het gevra dat ek aan drie sake aandag gee. Die uitverkiesing. Die wegraping. Die merk van die dier. En daarby iets sê oor Inenting – ja of nee. Want, daar is natuurlik mense wat die entstof met die getal 666 verbind. (jy kan dit op Youtube ook kyk)
Nou, dit is ‘n mondvol.
Ek wil julle eerstens verwys na ‘n Pinksterreeks wat ek verlede jaar gehou het. Ek het die boek Openbaring in sy geheel behandel. Die drie sake word daar meer uitvoerig hanteer. Daar is ook nege Youtube video’s wat jy kan kyk. En die pdf van my boek oor Openbaring, Ek kom gou, kan jy ook daar gratis aflaai. Hier is die skakel.
Ek het ook meer oor die tema van die uitverkiesing geskryf op my webtuiste. Jy kan daar ‘n hele paar bydraes lees. Ook oor die wegraping.