Jesus se geboorte en kinderverhale
LEEF JOU HIERDIE ADVENT IN DIE BYBELVERHAAL VAN JESUS SE GEBOORTE EN KINDERVERHALE IN
Die verhaal van die geboorte en kinderjare van Jesus Christus word in die NT as ‘n historiese werklikheid begrond. Daarmee word die betroubaarheid van die verhaal van Jesus se menswording bevestig.
Met hierdie boek kan jy die begin van die storielyn van Jesus volg soos dit in die evangelies aangebied word. Die Bybeltekste is kronologies gerangskik. Daar is telkens deeglike opmerkings oor die teks en konteks sowel as oor die boodskap en betekenis.
Begrond hiermee jou geloof weer op die historiese werklikheid van die Seun van God wat ons Verlosser is. Daar is 22 perikope, net genoeg om dit hierdie Advent vanaf Sondag 1 Desember tot Kersfees Woensdag 25 Desember deur te lees.
BOEK BESKIKBAAR BY KERKKANTOOR
R80 – WINS GAAN AAN ONS SENDELINGE
GOEIE KERSGESKENK!
Bybelskool » Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees
[…] vier as ‘n fees van Christus, en fokus op die hoop, vrede, liefde en vreugde wat Hy bring. Lees byvoorbeeld sy geboorte en kinderverhale. Beklemtoon dat Hy die Geskenk is aan ons, en dat ons geskenke aan mekaar uit dankbaarheid is vir […]