Skip to main content

Dag 3 – Lees Jesaja 40:6-11 – Heling kom deur die hoor van die Woord van God

Die stem van God bring genesing.  Dit bring heling en herstel; dit bring redding en lewe.  Die wonder van God se stem lê dus nie net in die feit dat Hy praat nie, maar in die inhoud van wat Hy sê.  God se woorde is salf vir ons wonde, dit bring lewe in ons doodsheid.  En die wonder is dat die heling deur die hoor van sy Woord kom. 

Dink na oor vers 11: “Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde …” en gee jouself vir dié God.

Dag 2 – Lees Hebreërs 4:12-14 – As God met ons praat, word alles blootgelê

Die diepste belydenis van die Christelike kerk is dat God vandag nog met ons praat.  Hebreërs sê dat die Woord van God lewend en kragtig is, skerper as enige swaard, en die bedoelinge van die hart beoordeel.  As God met ons praat, word alles blootgelê; niks is vir Hom onsigbaar nie.

Dink na oor die feit dat ‘n mens aan hierdie God moet rekenskap gee – van hoe jy geluister het en daaraan gehoorsaam was.

Dag 1 – Lees Romeine 10:8-13 – Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Romeine 10 is ‘n sleutelhoofstuk in Paulus se uiteensetting van die evangelie van genade. Let op hoe hy ons uitnooi om die waarheid van Jesus as opgestane Here te bely, deur dit nie net in ons hart te troetel nie, maar dit ook saam met ander te sê.  Geloof is ‘n hartsaak, maar waar die hart van vol is, moet die mond van oorloop.

Dink aan iemand vir wie jy vandag wil vertel van hoe Jesus vir jou ‘n werklikheid is … en maak tyd daarvoor.