Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Kruispaaie waar die stem van die Here ‘n absolute ‘lifeline’ word

Hoe hoor ‘n mens die stem van die Here?

Daar is natuurlik baie maniere waarop die Here met ons as sy kinders praat. Deur ons ervarings met die stigting van die skool op Jeffreysbaai, het die Here op veral drie maniere met ons gepraat.

Die eerste en mees belangrike manier is ‘n bymekaarkom van ons individuele verhouding en kontak met die Here, en ons volgehoue en eerlike kommunikasie met mekaar. Die behels, aan die een kant, dat die Here vir individue, in hulle kontak met Hom, ‘n oortuiging gee van ‘n pad om te loop, of ‘n bevestiging dat ons moet voortgaan op die pad waarop ons is, en aan die anderkant dat hulle dit dan met die ander deel. Dit het dan gebeur dat daardie persoon op daardie spesifiek stadium absoluut oortuig is van die pad, terwyl die ander dan op daardie punt swak voel, of nie so oortuig is nie. Die een met die oortuiging neem dan die leiding, bemoedig die ander, hou aan met bid, en weier om in te gee. Die ander laat hulle op daardie stadium lei deur daardie persoon, en so word die wa deur daardie drif getrek. Op ‘n ander stadium is dit weer iemand anders se beurt, en dra hy of sy die groep, help hulle om vas te byt en aan te hou, en so gaan ons deur die volgende drif.

Die bostaande is afhanklik van twee dinge: In die eerste plek moet almal die Here soek en aan Hom vashou, sodat elkeen op sy of haar beurt die stem van die Here vir die ander kan wees. Die ander is ‘n volgehoue kommunikasie met mekaar, oor die dinge waarvan die Here ons oortuig, en ook in die tye wat ons geloof ons begewe.

Die tweede manier waarop die Here met ons gepraat het, is deur wat hy deur ander mense laat gebeur het. Twee voorbeelde is die ontwikkelaar wat vir ons die huur geborg het, en sodoende die eerste tasbare aanduiding was dat ons die Here vir ons die groen lig gee. Die ander was die ongelooflike ommeswaai wat die eienaars van die mall gemaak het, en vir ons die klaar ontwikkelde winkels gegee het teen dieselfde minimale huur as vir die eerste, beknopte gedeelte.

Die derde manier, wat aansluit by die eerste, is die vele kere wat die Here ons as individue bemoedig het deur sy Woord en sy Gees. Hier praat ek nie van dit wat ons noodwendig met mekaar gedeel het nie, maar eerder van wat John Stott noem ‘the discipline with which the christian leader waits upon God”. Soms kom daar ‘n jou kop die naarste spinnerakke wat jou nie net laat twyfel oor die saak nie, maar jou sommer so moedeloos en bang maak dat jy nie eers lus het vir kontak met die ander ‘wie se geloof so sterk is nie’, en dat jy ook nie meer kans sien vir dit wat die Here van jou vra nie. Om jou dan af te sonder vir ‘n paar uur, of selfs vir ‘n hele dag, en sommer net voor die Here te gaan sit, al gaan sit jy by die see en drink koffie, en blaai soms deur die Bybel, totdat die Here se Gees weer by jou vrede en rustigheid bring, totdat jou kop weer skoon is om vir die Here te sê dat jy Hom vertrou met die pad, dis die kruispaaie waar die stem van die Here ‘n absolute ‘lifeline’ word.

Johann McFarlane

Matt 13 – 17 Jan 10 Die Bybel is ‘n saadkorrel wat ontkiem

Video-snit:  Despereaux

Votum & seëngroet
Desperaux gehoor boek met hom praat
oor goed soos
waarheid en
geregtigheid,
mal oor alles.

Ps 119 in Bybel vra:
hoe kan jongmens
sy lewe skoon hou?
Deur hom te hou
aan God se woord!

Bybel is boek wat met ons praat,
vanoggend hier saam na Bybel te lees,
dan God ook hier,
daarom groet in God naam:
genade en vrede vir julle!

 Verwelkoming
Desperaux storie geniet,
ons voorreg:  het boek God self geskryf,
God self praat.
Maak ons bly,
daarom sing:

Lofsang               
Flam 21:1 (staan)
My B-Y-B-E-L (x2) (Staan)
Lied 177 (sit)

Gebed
Video van saaier (sonder aankondiging(

Skriflesing  Matteus 13:1-9, 18-23

Preek
Leer uit hierdie gedeelte in Bybel:
God soos boer, praat met ons in Bybel,
Woord soos saad in lewens saai.

 Wat moet met saad gebeur?
 Al gesien?
EERSTE POT
Soms hoor,
harte soos klipharde grond.

Te besig met ander goed,
nie tyd Bybel lees.
Al goed moet doen,
soos voëls wat saad kom oppik –
saad kry nie eers kans worteltjie te begin skiet.

Weet moet Bybel lees,
maar nie lus –
ander goed belangriker,
lekkerder.
Dink sal later,
as tyd het
of lus het,
Bybel lees.
Wanneer daarby uitkom.

Vanaand te vaak,
as lees, weet nie wat gelees.

Selfs as in kerk sit,
dink wat vanmiddag gaan doen,
gister gedoen,
huiswerk,
môre.
Hoor,
maar luister nie,
saad bly bo-op grond,
niks groei.

Gestel ek wil my hande was,
water, seep, handdoek. . .
was – wat verkeerd?
Papier van seep afhaal!

Selfde Bybel,
moet lees!

TWEEDE POT
Saad geval, klippe.

Hoor woord,
aanvaar met blydskap,
skiet nie diep wortels.

In kerk, ds. sê moet Bybel lees,
sê:  Ja, ek gaan!
1 of 2 keer, jaar kom aan gaan,
opgewondenheid vervaag,
begin ander goed doen. . .

Of hou aan lees,
maar nooit regtig diep.
Surfers?
Surfboard altyd bo-op brander bly.
Somtyds maak ons so met Bybel:
lees aanmekaar, gaan kerk toe,
maar bly bo-op branders,
bly dieselfde,
leer nie, nooit dieper.

Partykeer dink moet altyd lekker wees Jesus kind wees.
Dink altyd goed gaan,
as nie geleer, sal steeds goed doen toets.
Sê:  gebid, Jesus sal gee wat gevra.
Ken mooiweersvriend?
Soms mooiweers-gelowiges.
Iemand vertel hy’t vakansie jongmense gevat canoe in berge VSA,
noordelike Minnesota.
Ongerepte natuur,
groot, pragtige bome.

Moes waarsku:  bome gevaarlik.
Staan op klippe,
grond nie baie diep.
Wind erg waai,
kan reuse bome omwaai.

Groot bome by Knysna:
diep grond,
staan, al waai wind hoe erg.

 
DERDE POT:
Tussen onkruid.

Soms lees Bybel, luister…
Maar soveel ander lekker goed in lewe.
Jesus sê:  verleidelikheid van rykdom.

Wat beteken verleidelik?
Ma gaan koekies bak,
kersies op,
staan op tafel, mag nie vat. . .
verleidelik.

Soms dinge van wêreld so verleidelik,
woord versmoor.
Lees Bybel sê moet dankoffer gee, armes sorg. . .
maatjies met nuutste Wii games,
wil sakgeld vir self hou,
dan wat in Bybel gelees, geleer,
verdwyn,
want eerder wêreldse goed doen.`

VIERDE POT
Maar hierdie pot waarby wil uitkom,
wat almal graag wil wees –
hierdie is pot waar Beanie woon –
ons is Beanie.

Want Beanie is saadjie wat groei (sien, blaartjie kom by kop uit).
Pot grond vrugbaar,
skiet diep wortels,
begin blaartjies groei,
dra vrug – 100, 30, 30-voudig!

Hoe?

 Video – noelle

Fliek Noelle,
nooi,
kom sit aan regte kant van boek!
Ontvang as Woord van God,
geniet dit,
leef in – soos Despereax,
luister,
vir jou!

Ons moet Bybel lees,
want dis belangrikste manier waarop Jesus met ons praat –
seep oopmaak voor gebruik!

Lees,
op “regte kant van boek”-manier:
op eie,
in erediens,
saam met mekaar.
So mooi deesdae praat van “woon in die woord”,
woord huis maak,
teks hierdie kwartaal in Didage gebruik:

Let the word of Christ – the Message –
have the run of the house. 
Give it plenty of room in your lives.

Kol 3:16 in The Message.

So mooi beskrywing gelees,
praat van spesifieke manier van lees (lectio)
direk aanhaal:
These ancient practices
 each beckon us
 to be loiterers
in the neighborhood of the Word,
to hang out
and dawdle with it,
rather than moving through it
with a briskness
that assumes we know what it has to say.
The liturgy and lectio both invite us
to consider
how we’re allowing God to cultivate us,
 how we are tending our interior earth
 as a place where the Word
can take root and grow—
not just for ourselves
 but for the life of the world.

Maar as Beanie wil wees,
belangrike ding nie wat ons doen,
maar wat Woord, Jesus, self doen.

Want onthou,
Jesus is die Woord wat lewend geword het.
So terwyl Bybel lees,
Jesus ook besig ons te praat,
werk,
vorm,
saad laat groei.

Dink bietjie aan saad:
klein,
kan nie sien groei.
Groei onder grond,
stadig:
al probeer kyk hoe groei?
Sien DAT groei, nie hoe,
video’s baie vinnig gespeel.

Ons leef in kitswêreld,
kitskoffie,
kitsbanke,
soek ook kits-geloof.
Maar Woord groei in ons soos saad,
stadig,
onsigbaar,
saadjie oopbreek,
spruit,
worteltjies af in grond,
blaartjie stadig begin opstoot, oopgaan.

So ook Woord.
Misterie,
groei in lewe,
breek oop,
om manier,
weet nie hoe,
weet DAT.

Weet dat Saaier deur saad
klipperige grond in kleiner stukkies breek,
saad ingroei in krake en stukkende plekke,
stadig groter maak,
sodat grond vorm, sag, vrugbaar word.

Kan beleef hoe saad grond sagter maak,
vrugbaarder maak,
geleidelik vermoë vergroot om vog te hou,
voeding te verskaf,
uiteindelik:  vrug te dra.

Ons komende weke fokus op woord.
Nooi saam met ons:
Let the Word of God have the run of the house.

Kleingroepe hierna – almal reeds,
as wil inskakel.

Didage:
Bybelskool,
basiese Bybelvaardighede – wil lees, voel weet nie hoe,
ander – kyk, skryf in.

Boontjie gekry.
Wie al boontjie tussen watte geplant, kyk hoe groei?
Nooi vandag Beanie word,
laat Woord in lewe groei.
Boontjie tussen watte in piering,
elke dag wat Bybel lees,
water gee.
Kyk groei,
weet ook jy so besig te groei.

Gebed

Dankoffer

Slotsang               Flam 76:1 & 4 (staan)
Seën
(CD:  Die Woord van God)

Dag 5 – Lees Jakobus 1:18-21 – Die Woord stel ons in staat om God se wil te doen

Let daarop dat God deur die Woord die gelowiges tot lewe gebring het. Jakobus sê selfs dat die woord hulle kan red! Hy sê: hou op
kwaad word, neem die Woord aan en doen dit!

  • Speel die Woord so ‘n belangrike rol in jou lewe soos wat Jakobus hier veronderstel?
  • Oordink die manier waarop die Woord ons in staat stel om God se wil te doen.

Hoe gaan dit met die boontjie wat jy Sondag geplant het?

Didage!

Onthou om in te skryf vir Didage!

Didage (Griekse woord vir lering) begin Woensdag 27 Januarie om 18:30.

Jy kan weereens saam eet (R30 pp – bespreek vooruit) om 18:00.

Alpha Huwelikskursus – Deon Binneman

Oor 8 weke gesels egpare oor belangrike sake wat maklik in die gejaag van die daaglikse lewe nie aandag kry nie. Elke paartjie se privaatheid word gerespekteer. Koste: R100 per paartjie vir die werkboek en R30 weekliks per persoon vir die etes. Meer inligting.

Bybelskool – Chris van Wyk

Ons lees hierdie kwartaal die evangelie van Markus in samehang met die ooreenstemmende gedeeltes in die ander evangelies. Hulpmiddels sluit onder andere in ‘n uitdeelstuk met al die perikope in Markus en die ander evangelies parallel met mekaar, vir makliker lees, sowel as die gebruiklike daaglikse blog. Koste R50. Meer inligting.

Bybelvaardighede – Rethie van Niekerk

Ons gaan inleidend kyk na ‘n paar basiese Bybellees-metodes en dit elke week op ons eie oefen. Aan die einde van die kwartaal kan jy besluit watter metode by jou pas, sodat die Woord ook die “run of the house” in jou lewe kan hê! Meer inligting.

Dissipelskap – Deon Loots

Ons begin weer met nuwe groepe vir dissipelskap. In 7 Modules word “Die wese van dissipelskap”, “Die lewe van ‘n dissipel” en “Die hart van ‘n dissipel” deurgewerk. Ook beskikbaar vir tieners. Meer inligting.

Op pad met God – Mariette Rossouw

Ons lees die Bybel saam, en vind verrassende wyses hoe geestelike gewoontes jou help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Op pad met God is vir jou as jy geestelik wil groei, ‘n nuwe visie of geestelike tuiste soek, gewoon net ‘n afplatting ervaar, of ‘n ware soeke na God het. Geen onkoste. Meer inligting.

Skryf in by die kerkkantoor 041 5835115

Dag 4 – Lees Markus 4:26-29 – Die Godsryk is volledig God se werk

Hierdie teks beklemtoon dat die realisering van die Godsryk nie ‘n saak van menslike aktiwiteit, insig en wysheid is nie – dit is volledig God se werk. Dit beteken egter nie dat menslike aktiwiteit uitgesluit word nie. Ons tree wel op, maar nooit om God se werk aan te vul nie, alleen om werktuig van die alleenwerkende God te wees.

Dink na oor die manier waarop die Gees jou vorm. Oorweeg veral die misterie van die krag van God se Woord. Wat is jou “rol” in hierdie groeiproses, in die lig van bogenoemde?

Dag 3 – Lees Matteus 13:31-33 – Die koninkryk van God is “teenwoordige tyd”

Die Jode het ‘n grootse en heerlike koninkryk in gedagte gehad. Daarom is dit so ‘n groot verrassing dat Jesus die koninkryk met ‘n mosterdsaadjie vergelyk. Dit slaan terug op Jesus se werke soos dit in sy prediking, dade en wonderdade gestalte kry. In teenstelling met Markus gebruik Matteus die teenwoordige tyd (kyk weer na die teks). Daarmee beklemtoon hy die huidige  aantrekkingskrag van die koninkryk van God.

Dink na oor die manier waarop die koninkryk in jou lewe kom en groei.

Dag 2 – Lees Matteus 13:10-16, 34-35 – Die Woord moet met jou besig raak

Die gelykenisse help ons om nie net met ons ore te luister nie, maar met ons harte; om nie net die woorde te hoor nie, maar die betekenis agter die woorde. Dit daag ons uit om nie net te luister vir die letterlike betekenis wat ons rasioneel kan verstaan nie, maar om te soek vir dié betekenis wat van ons vra om betrokke te raak met die teks.

Dink na oor die manier waarop jy gewoonlik die Bybel lees:

  • Is jy besig met die woord, of is die Woord besig met jou?
  • Wat kan jy doen om oper te wees vir die werk van die Gees deur die Woord?