Dag 5 – Lees Jakobus 1:18-21 – Die Woord stel ons in staat om God se wil te doen
Let daarop dat God deur die Woord die gelowiges tot lewe gebring het. Jakobus sê selfs dat die woord hulle kan red! Hy sê: hou op
kwaad word, neem die Woord aan en doen dit!
- Speel die Woord so ‘n belangrike rol in jou lewe soos wat Jakobus hier veronderstel?
- Oordink die manier waarop die Woord ons in staat stel om God se wil te doen.
Hoe gaan dit met die boontjie wat jy Sondag geplant het?
Didage!
Onthou om in te skryf vir Didage!
Didage (Griekse woord vir lering) begin Woensdag 27 Januarie om 18:30.
Jy kan weereens saam eet (R30 pp – bespreek vooruit) om 18:00.
Alpha Huwelikskursus – Deon Binneman
Oor 8 weke gesels egpare oor belangrike sake wat maklik in die gejaag van die daaglikse lewe nie aandag kry nie. Elke paartjie se privaatheid word gerespekteer. Koste: R100 per paartjie vir die werkboek en R30 weekliks per persoon vir die etes. Meer inligting.
Bybelskool – Chris van Wyk
Ons lees hierdie kwartaal die evangelie van Markus in samehang met die ooreenstemmende gedeeltes in die ander evangelies. Hulpmiddels sluit onder andere in ‘n uitdeelstuk met al die perikope in Markus en die ander evangelies parallel met mekaar, vir makliker lees, sowel as die gebruiklike daaglikse blog. Koste R50. Meer inligting.
Bybelvaardighede – Rethie van Niekerk
Ons gaan inleidend kyk na ‘n paar basiese Bybellees-metodes en dit elke week op ons eie oefen. Aan die einde van die kwartaal kan jy besluit watter metode by jou pas, sodat die Woord ook die “run of the house” in jou lewe kan hê! Meer inligting.
Dissipelskap – Deon Loots
Ons begin weer met nuwe groepe vir dissipelskap. In 7 Modules word “Die wese van dissipelskap”, “Die lewe van ‘n dissipel” en “Die hart van ‘n dissipel” deurgewerk. Ook beskikbaar vir tieners. Meer inligting.
Op pad met God – Mariette Rossouw
Ons lees die Bybel saam, en vind verrassende wyses hoe geestelike gewoontes jou help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Op pad met God is vir jou as jy geestelik wil groei, ‘n nuwe visie of geestelike tuiste soek, gewoon net ‘n afplatting ervaar, of ‘n ware soeke na God het. Geen onkoste. Meer inligting.
Skryf in by die kerkkantoor 041 5835115