Wat is geloof?
Paddas sonder bene kan nie hoor nie: Wat is geloof?
Verwelkoming
Toetrede
Lied 164 Ons is almal hier tesaam (staan)
Votum
Here, ons weet dat U nou hier is,
dat u ons
as u kerk
hier bymekaar gebring het.
Ontvang dan nou die lof
en aanbidding
van u kerk
tot eer van u Naam.
Amen
Seëngroet
Lofsang
Medley – sonder aankondiging – staan
Lied 176 Halleluja! U is Koning
Lied 177 Jesus, gróót bo almal
Lied 175 Majesteit
Gebed
Skriflesing
2 Petrus 1:16-19
Ek lees uit NT vir Kinders – skerm NAV
16 Ek het al met julle gepraat
oor die dag
wanneer ons Here Jesus Christus weer na ons toe terugkom.
Wel, ek het toe nie vir julle gejok nie.
Ek en die ander dissipels
het met ons eie oë gesien
wat Jesus Christus alles gedoen het
toe Hy nog op aarde was.
Ons het gesien
Hy is regtig die Koning van die hele wêreld.
17–18 Daardie dag
toe Christus op die berg
saam met Moses en Elia was,
was ek ook daar.
Reg voor my oë
het God vir Jesus
’n groot eer aangedoen.
Die Allerhoogste Koning
het uit die hemel
vir Jesus gesê:
“Dit is my Seun
vir wie Ek baie lief is.
Ek is baie bly
oor wat Hy hier op aarde doen.”
Op daardie berg
het ek met my eie ore gehoor
hoe God met Jesus praat.
Daarom sal ek nooit sy woorde verdraai nie.
19 Ek glo elke woord
wat God se boodskappers
in die Bybel sê.
Hulle praat die volle waarheid oor God,
net soos ek.
Dit wat in die Bybel staan,
is soos ’n lig
wat in die donker skyn.
Julle moet dit glo
totdat Christus weer na ons toe terugkom.
Kindertyd
Vertel: wat doen mamma/pappa alles vir jou?
Klein: skoene vasmaak…
Kan mamma skoene vasmaak?
Kan ek skoene vasmaak?
Matrieks: maak self skoene vas?
Soos ouer word,
al meer goed self doen.
Maar ook nou al,
sekere goed mamma nie vir jou kan doen –
moet self doen.
Mamma kan vertel van Jesus,
vertel wat beteken Jesus kind wees,
hoe moet leef,
kan Bybel lees –
maar jy,
al is klein,
al self glo.
Mamma,
ek,
gemeente,
Sondagskool oom/tannie
kan nie vir jou glo.
Weet nie wat dink wanneer by skool is,
weet nie wat doen wanneer ander kinders stout is.
Jy deel van gemeente,
een van ons –
daarom kerk (gaan in toepassing praat),
maar jy moet wat ons hier jou leer,
vir jou vat,
joune maak,
self Jesus dien.
So kom erediens toe,
leer van Jesus,
maar gaan in week uit,
bly nog steeds sy kinders,
ook al is niemand van ons by jou.
Preek
Paddas sonder bene kan nie hoor nie
Reeks verlede kwartaal:
extreme makeover – home edition –
rol wat huis – almal van ons – speel in mense geloofvorming.
Hierdie kwartaal as’t ware “hoofstuk 2”.
Titel:
Paddas sonder bene kan nie hoor nie.
Simpel storie,
blykbaar soms in wetenskap-klas vir studente vertel:
mal wetenskaplike (sleutel)
navorsing doen.
Padda: sit op tafel,
skree, padda spring.
Sny padda been af
(gesê mal)
skree,
padda spring.
Gaan so voort,
totdat al padda bene afgesny.
Sit padda op tafel,
skree –
padda spring nie.
Slaan simbale,
spring op en af,
skree so hard as wat kan –
padda spring nie.
Teruggestaan,
sê:
hmm,
dis baie interessant.
Duidelik:
paddas sonder bene
kan nie hoor nie.
Blykbaar gebruik om studente denkfout te illustreer –
wetenskaplike afleiding duidelik verkeerd!
Ons almal wees mos:
paddas sonder bene verloor vrees vir harde geluide.
Rede hoekom storie hierdie kwartaal gebruik,
omdat soms in Kerk selfde tipe denkfout maak:
Ons dink as padda kop het
(kerk – dominee, kerkraad, finansies…)
en padda het lyf
(eredienste Sondae)
dan moet padda kan spring.
Dink dat kop en lyf van padda
IS padda.
Dat ons lewe hier saam as gemeente –
in erediens,
by kerkgebou,
kerklike funksies –
is geloofslewe.
Bedoel nie so te dink –
ons is immers nie mal wetenskaplikes nie
(nie almal van ons nie).
Ons dink ook nie dat so dink!
Maar wanneer padda nie spring,
dan kyk ons na lyf,
na institusionele kerkwees.
Kleingroepmateriaal afgelope week:
kruis-generasionele groepe
(gou in rede val:
wil regtig uitdaag kruis-generasionele groepe vorm!
Nodig mekaar leer,
saam om Woord –
skryf naam op lys).
Terug week:
materiaal: kruis-generasionele groep,
vra:
wat beter van grootmens wees?
wat beter van kind wees?
Iemand vertel
familie byeenkoms groep Gr 2’s en ouers
(soortgelyk ons deesdae doen),
begin ysbreker selfde vraag:
wat beter kind wees / grootmens wees?
Een gr 2 kind antwoord:
grootmense kan by God wees.
Almal natuurlik uit veld geslaan,
begin invra probeer verstaan:
Sondae,
grootmense kan in “huis van Here” bly,
– by God bly –
terwyl kinders moet uitgaan.
Natuurlik niemand so bedoel!
Ons wéét is nie waar!
Maar onbedoelde implikasie
dat kind gevoel
grootmense kry beste deel
kinders tevrede met oorskiet.
Maar goeie nuus is natuurlik:
die padda het bene!
Padda kán hoor –
én spring!
Ek gaan van hierdie kwartaal af probeer reg praat –
woord gebruik wat bedoel.
So as praat van ons – NG Kerk Somerstrand –
dan gaan probeer sê “gemeente”.
As praat van ons byeenkoms hier –
dan gaan probeer sê “erediens”.
Wanneer praat van hierdie gebou,
dan kerkgebou.
Wanneer woord Kerk gebruik,
dan altyd met hoofletter –
wanneer praat van “Kerk”
dan praat gelowiges.
Want dit is wat die Kerk is –
die hele padda –
die kop
en die lyf
en die pote.
Elke gelowige is kerk
As praat van wat beteken kerk te wees,
dan beteken gelowig te wees.
Op manier alle mense natuurlik gelowiges
(hoewel nie almal kerk is).
Geloof is proses van sin maak van wat om ons aangaan,
proses van probeer verstaan wat in lewe gebeur
hoe bymekaar inpas.
Wat natuurlik beteken geloof is werkwoord –
nie iets passief,
iets wat doen:
ons werk en worstel met realiteit van lewe.
Maar wat van ons Christene maak,
is dat lens wat ons gebruik,
ding wat gebruik om sin van lewe te probeer maak,
Jesus Christus is.
Geloof,
vir ons –
die Kerk –
is om deur Jesus na die wêreld te kyk
en die wêreld te verstaan.
En in die proses
word die dowwe
blurry
dele van die lewe
vir ons al helderder.
Nie heeltemal helder nie –
kyk in dowwe spieël,
sê Paulus in 1 Kor 13:12.
Maar deur krag van Heilige Gees
kan ons beweeg van
moedeloosheid na hoop
van oordeel na vergifnis
van sinloosheid na betekenis
van haat na versoening
van dood na lewe.
En aangesien geloof werkwoord is,
is geloof ook reis.
Lyk nie altyd selfde –
Soos wat padda groei van paddavissie,
geleidelik bene kry,
bene sterker word.
Sommige mense sê
geloof begin as ervaarde geloof:
geloof van kinders,
geloof groei uit drukkies,
kontak met ander gelowiges,
liefde van volwassenes.
Ervarings – emosionele – geloof.
Dit is geloof wat ons by ander kry.
Teks praat Petrus van legendes.
Geloof begin
waar ánder vir ons vertel
van God.
Uit wat by hulle hoor,
begin ons glo.
Maar dan begin die pootjies groei
word ge-affilieerde geloof:
geloof wat gewortel is in gemeenskap.
Kop en lyf van padda:
ek behoort aan kerk,
daarom gelowige.
Geloof groei deur wat hier op Sondag oggend in erediens gebeur,
of res van week –
Didage,
lering.
Petrus praat in teks
hoe storie van Jesus aan lesers bekend gemaak.
Maar dan fase in geloof
ons miskien nie ernstig genoeg opneem.
Want fase ons bang maak,
onseker –
omdat so maklik soos die teenoorgestelde van geloof lyk:
Soekende geloof.
Wanneer paddavissie nou al bene het,
nog ook stertjie,
onseker:
moet swem
of moet spring?
Moet in hierdie poel bly
of in wye wêreld?
Dit is wanneer ons baie vrae vra,
en, kom wees eerlik, twyfel.
Negatief oor goed hier in erediens gebeur,
krities op wat ander gelowiges glo en doen.
En dis reg –
dis die pad van geloof!
Hoef nie op te gee
of mekaar te veroordeel
of te sê jy’s nog hier
of nog nie hier.
Maar êrens moet die stertjie ook verdwyn,
moet die padda begin spring.
Moet ons volwasse geloof begin leef.
Volwasse geloof
waar al bogenoemde bymekaar kom.
Amper soos kurktrekker,
beweeg deur fases:
vrae verdwyn nie noodwendig,
maar beleef liefde van ander gelowiges,
is deel van gemeenskap,
lééf geloof.
Verskil het te doen
met wat op berg gebeur het:
Petrus vertel
getuig nie op grond van wat ander gesê –
het sélf gesien.
Het op die berg die heerlikheid van die Here gesien.
Volwasse geloof
is wanneer ons sélf die heerlikheid van die Here gesien het,
wanneer ons self die Here se stem gehoor het –
nie net by ander gelowiges
nie net via dominee in erediens
maar sélf
en dit die lens word waardeur na lewe kyk,
dit die pote raak waarmee spring
nie net Sondag-oggende in erediens,
maar elke dag
heel dag.
En dán word “die boodskap van profete nog meer bevestig” (v19),
dan word wat gehoor by ander,
wat beleef as deel van gemeenskap,
ons eie,
soos lamp wat in donker plek skyn
wat ons help om sin te maak van lewe,
te sien hoe pad regtig lyk
te sien waar en hoe ons moet loop.
Natuurlik, terwyl praat,
weet ons almal op verskillende plekke –
kurktrekker draai,
party van ons nog by begin,
party voel vasgekeer in vrae,
party sukkel glo,
want beleef nie gemeenskap,
sorg van ander gelowiges
wat voorheen gehelp te glo.
Nog nooit self heerlikheid van Here gesien –
glo, dien Here,
maar verstaan nie waaroor dominee nou aangaan.
Dink nonsens,
of desperaat soek daarna.
Maar dis alles deel van die reis.
Van paddavis-stertjie verloor,
pote groei,
leer spring.
Gaan nie in hierdie lewe ooit klaar wees met proses.
Maar teks sê:
Julle sal goed doen as julle in die lig bly…
Dalk dit boodskap –
troos –
waarmee vandag hier uitgaan,
maak nie saak waar is op geloofsreis:
ons is die Kerk.
JY is die Kerk.
Bly daarom in die lig.
Julle in matriek is:
toe vroeër vanjaar belydenis afgelê,
gesê jy nou pote gegroei,
kan spring.
Ons vandag,
hier kort voor eksamen,
sien wêreld buite lê en wag:
ons vir jou sê:
spring!
Jy is die Kerk.
Deur Gees gawe van geloof ontvang.
Wanneer dan na eksamen
Rage toe gaan
of gap jaar
of studeer
of werk –
mag jy dit doen as Kerk.
As gelowige.
Mag Here dien
hele lewe.
In alles wat doen.
Mag almal met wie jy in aanraking kom
in jou,
deur jou optrede,
heerlikheid van Here sien.
Mag jou geloof in Jesus Christus
die bene wees waarmee jy spring.
Gebed matrieks
Lied 537:2
Dankoffer
Slotsang
Lied 286 Here God van Liefde (staan)
Seën
Mag die Here jou seën
met ongemak
oor maklike antwoorde,
halwe waarhede
en oppervlakkige verhoudings
sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef.
Mag die Here jou seën
met woede
oor onreg,
onderdrukking
en die uitbuiting van mense
sodat jy kan werk vir geregtigheid,
vryheid
en vrede.
Mag die Here jou seën
met trane om te stort
vir mense wat
pyn,
verwerping,
honger
en oorlog ervaar
sodat jy ’n hand kan uitreik
en hulle pyn
in blydskap kan verander.
En mag God jou seën
met genoeg dwaasheid
om te glo dat jy ’n verskil kan maak in hierdie wêreld,
sodat jy dinge sal kan doen
wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.
Amen.
(’n Ou Franciskaanse seën)
Respons
Lied 286: Here Jesus, neem ons bede aan.