Skip to main content

Tag: Vrees

Wees Vrygewig – Vertrou – Matteus 6

Ons leef in ’n wêreld waar bekommernis ’n kommoditeit geraak het.  Ek het dit al ’n paar keer gesê:  bekommernis en vrees word aan ons bemark soos ’n kommoditeit, want hoe banger ons is, hoe meer geld gaan ons spandeer in ’n poging om veilig te voel.  So alles, oral, sê vir ons ons moet bekommerd wees.  As jy nog nie bekommerd is nie, is dit omdat jy nog nie weet wat aangaan nie.  As jy bekommerd is, is jy nog nie bekommerd genoeg nie.

En Jesus sê ons moenie bekommerd wees nie?

Continue reading

Vreesloos – Pinkster 2017

Hemelvaartdag Donderdag 25 Mei  18:30 Vrees vir God:  Wat as God groter is as wat ek dink?

Sondag 28 Mei 09:00 Hoekom is ek bang?

18:30  Wat as ek nie saak maak nie?

Maandag 18:30 Sê-nou ek stel God teleur?

Dinsdag 18:30 En as ek nie genoeg het nie?

Woensdag 18:30  Wat as alles te veel raak?

Donderdag 18:30  Sê-nou die ergste gebeur?

Vrydag 18:30 Pinkster-ete

Sondag 4 Junie 09:00 Ons waag in die geloof

 

Sop-en-brood elke aand na die diens.

Kinder-Pinkster vanaf Sondag in die Ark.

Daar sal vir elke diens verdere gedagtes wees op die YouVersion Bible toep onder “Events”.