Vreesloos 06: Wat as alles te veel raak? Woensdag
As jy meer aandag aan die storm gee as aan die een wat in die storm loop, gaan jy sink.
Ons kan nie kies of daar gaan storms wees in ons lewens nie. Ons is redelik verseker van storms. Ons kan kies waar ons kyk te midde van die storm.
Jesus se oproep om te glo, om nie bang te wees nie, is nie ’n oproep tot naïwiteit nie. Hy vra nie van ons om soos volstruise met ons koppe in die grond te sit nie. Die lewe is vol storms – oorweldigende storms wat ons wil laat sink. Jesus vra nie dat ons dit ontken nie.
Ons taak is om die aanslae van die storms te balanseer met ’n uitkyk op God.