Skip to main content

Tag: Rut 3

Wees Toegewyd – Wees Dapper en Sterk – Rut 3

“And ain’t I a woman?”

Dit was die woorde van Sojourner Truth by die Ohio Women’s Rights Convention in 1851 in die VSA.

Sojourner Truth is gebore as ’n slaaf, maar het in 1826 met haar dogter gevlug, hof toe gegaan om haar seun terug te kry en die eerste swart vrou in die VSA geword wat ’n saak teen ’n wit man gewen het.  Sy het vir haarself die naam Sojourner Truth gekies, omdat sy geglo het dat God haar geroep het om rond te reis en ’n boodskap van hoop te verkondig, terwyl sy haar beywer vir die afskaffing van slawerny.

Haar beroemdste toespraak is die een in Ohio, waar sy gesê het:

Daardie man daar sê dat ’n vrou in ’n perdekar ingehelp moet word, oor slote gelig moet word en dat sy oral die beste plek moet hê.  Niemand het my ooit in ’n perdekar ingehelp, of oor modderpoele, of vir my die beste plek gegee nie.  En is ek nie ’n vrou nie?  Kyk na my!  Kyk na my arm!  Ek het geploeg en geplant en in skure bymekaargemaak en geen man kan beter doen nie.  En is ek nie ’n vrou nie?  Ek kan so hard werk en soveel eet soos enige man – as ek dit kon kry – en nog die sweep ook verdra.  En is ek nie ’n vrou nie?  Ek het aan 13 kinders geboorte geskenk en gesien hoe hulle in slawerny verkoop word en toe ek met my moederlike smart uitgeroep het, het niemand behalwe Jesus my gehoor nie.  En is ek nie ’n vrou nie?

Sy was nie besig om teen goeie maniere te protesteer nie, maar teen die idee dat vroue soos fyn teekoppies behandel moet word.  Haar diepe oortuiging was dat om ’n vrou te wees in hierdie gebroke wêreld dikwels beteken om moeilike dinge te doen, jou spiere te rek en morsige probleme te pak – probleme wat nie genoem word in boeke oor vroulikheid nie.

Continue reading