Matriek-uitstuurdiens Filippense 3
Vanoggend is ons jaarlikse Matriek-stuurdiens. Juis hier aan die begin, voor jy die wêreld op jou eie betree, is dit goed om te vra: hoe definieer jy sukses? Wat is sukses vir jou? (Dis natuurlik ook vir ons wat ouer is – of jonger – goed om dieselfde vrae te vra.) As jy oor 10, 20, 50 jaar terugkyk na jou lewe: wat moes jy gedoen het, sodat jy kan voel jy was suksesvol? Sal jy geleerd moet wees? Beroemd? Ryk? Hoe ryk? Hoe gaan jy dit meet? Moet jy getroud wees? Kinders hê? Hoe gaan jy sukses meet?
En wat as jy nié daardie dinge bereik nie?