Johannes 11 Lasarus Preek
Die gawe van lewe
Daar is minder wonderwerke in die Evangelie Johannes as in die ander evangelies. Sewe, om presies te wees. Hierdie 7 wonderwerke is elkeen meer as ’n wonderwerk. Dis ’n “teken”, wat dui op een of ander waarheid oor God en Jesus. Hierdie is die mees verteenwoordigende een, ’n toonbeeld van wie Jesus is en wat Jesus doen. Jesus het gekom om die gawe van lewe te gee.