Lukas 24 Preek: Op pad tussen nou en nog nie
Skoenlappers is nie net ’n goeie simbool van die graf en opstanding nie, maar ook van ons lewe en geloof, van die tussen-in tyd – tussen dood en lewe, tussen wanhoop en hoop, tussen blind en sien. Die woord wat mense dikwels vir hierdie tussen-in fase gebruik, is liminaliteit. Blykbaar kom dit van die Latyn “limen”, wat “drempel” beteken.