Johannes 1 Broosheid, Liefde en Kersfees
Op ons eie verstaan ons nie liefde nie. Ons sal hoor “God is liefde” en sê “wonderlik!” In ons gedagtes sal ons dink reënboë en unicorns. Ons sal dink liefde beteken so ’n lekker warm gevoeletjie in jou hart; dat liefde beteken dat alles altyd lekker is, dat niks ooit verkeerd loop nie, dat niks moeilik is nie. As ons net gehoor het “liefde”, dan sou ons gedink het dat liefde maklik is. Toe word God mens, sodat ons kan sien hoe liefde lyk.