Skip to main content

Tag: Kerssangdiens

Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand

Hierdie Kerssangdiens in die NGK Somerstrand het gefokus op Advent, die begin van die Christelike kerkjaar. Ons het mekaar daaraan herinner dat mense eeue lank uitgesien het na die Messias se koms. Ons het onthou dat Christus in die volheid van die tyd gebore is. Ons het onsself daaraan herinner dat dit ‘n tyd is waar ons oefen om Christus se verrassende koms elke dag in ons lewens te verwag. Om ons daarmee te help, gebruik ons oor die volgende vier weke ‘n adventskrans.  Gedurende die diens het ons die kerse van hierdie krans aangesteek om ons te herinner aan die hemelse gawes wat Christus vir ons en ons wêreld gebring het.

Dankie aan almal wat deelgeneem het om dit ‘n fees te maak.  Dankie ook aan ds Barnard Steyn van Joubertina wat sy teks van 2004 aan ons geleen het, om as basis hiervoor te gebruik.

PowerPoint van dié Kerssangdiens

Hier volg nou die teks van die Kerssangdiens, met aan die einde daarvan die Liturgie, Liedere, en Benodighede.  Enigiemand is welkom om dit te gebruik en aan te pas, met erkenning aan ds Barnard Steyn en ons gemeente.

Continue reading