Skip to main content

Tag: Johannes 13

Liefde lei ons op anderste paaie – Johannes 13

Thuma mina (thuma m’na) / Thuma mina (ezizweni) / Ndizoya ndithandaze

Stuur my /  Stuur my (na die nasies) /  Ek gaan bid.

Dit laat ‘n mens dink aan byvoorbeeld Jesaja 6:8, waar die Here vra: “Wie kan Ek stuur?” en dan antwoord Jesaja: “Hier is ek! Stuur my!”

Vir ons as gelowiges, is “stuur my!” ’n antwoord op Jesus se woorde:  “Volg my”.  In Johannes 12, kort voordat hy sy dissipels se voete was, sê Jesus:

John 12:26

As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees…

Dan wys Jesus baie konkreet wat hy bedoel, waarheen en hoe hy gevolg moet word, wanneer hy sy dissipels – en sy verraaier – se voete was.

Wat Pres. Cyril Ramaphosa ook al bedoel het, wat Jesus ons leer, is:  as jy wil oorleef onder moeilik omstandighede – dan moet jy dien.

Om Jesus te volg, is om ’n dienaar te wees.  Dienaar van Jesus –  én van mense.  Om ’n leier te wees, in die model van Jesus, is om te dien.

Continue reading

Afskeidsgesprekke – Johannes 13-17 Preek

Een van die (magdom) wonderlike dinge van die evangelie van Johannes, is dat Jesus se openbare bediening effektief klaar is teen die einde van hoofstuk 12.  Maar die verhaal van sy lyding en sterwe, word eers vertel van hoofstuk 18.  Tussen-in (hoofstukke 13-17) is dit asof die hele evangelie in stadige aksie beweeg.  Jesus eet saam met sy vriende, hy was hul voete wys sy verraaier aan.  Nou wil Jesus hulle voorberei vir wat voorlê.  Hy gaan weg.

Hievandaan, van hierdie tafelgesprekke – afskeidsgesprekke – vertrek Jesus direk na Getsemané.  Maar vir nou praat Jesus met sy vriende, deel hy die laaste paar goed met hulle.

Dink jou in:  jy gaan weg.  Na ’n leeftyd saam met jou kinders,  waartydens jy  hulle na die beste van jou vermoë voorberei het vir wat voorlê, is dit nou jul laaste oomblikke saam.  Hierna is jy weg.  Hulle gaan moet leef van wat jy hulle geleer het.  Wat sal jy wil sê?

Continue reading