Skip to main content

Tag: huisgodsdiensmateriaal

Huis Vernuwing 13-19 Aug Jos 24

huis vernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 1 van “Faith Begins at Home”

RUS EN ONTVANG

  • As totale vreemdelinge by julle aan huis kom en in jul huis rondkyk, wat sal hulle dink aanbid julle?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

 HOOR EN ONTGIN

Lees Josua 24

  • Josua is hier al ouer – soos ‘n oupa.  God het sy beloftes aan die volk nagekom en hulle leef ‘n goeie lewe.  Hierdie is as’t ware Josua se afskeidsboodskap. 
  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Kyk na alles wat God in die verlede vir die volk gedoen het.  Hoekom, dink julle, word daar soveel klem op die verlede geplaas?
  • Kyk weer na die laaste sin van vers 15.  Hoekom is dit belangrik dat Josua van homself en sy familie praat – nie net van sy familie nie?

 LEEF EN ONTPLOOI

  • As jy een ding aan jou familie kon verander, wat sou dit wees?
  • Word jy en jou familie uitgedaag om God volledig te dien?  Watter uitdagings is daar in jul lewe saam voor God?
  • Hoe kan julle familie leef op ‘n manier wat jul verbintenis aan God reflekteer?  En julle as kleingroep?
  • Skryf as familie en/of kleingroep ‘n missiestelling:

Wat is nie onderhandelbaar nie?  As iemand jul gesin/kleingroep aan iemand anders moes beskryf, watter woorde sou julle wou hê hulle moet gebruik?

  • Waartoe roep die Here julle nou?  Hoe gaan julle op die roeping reageer?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Spreuke 4:26 Week van 6-12 Augustus 2012

RUS

  • Julle het verlede week gesels oor hoe ‘n mens waak oor jou gedagtes.  Vertel vir mekaar hoe dit daarmee gaan.  Watter tipe goed het in die laaste week jou gedagtes bepaal?

HOOR

Lees Spreuke 4:26

“Die Bybel vir Almal” vertaal dit so:  Jy moet op die regte pad loop, dan sal jy seker wees waarnatoe jy loop.

Gesels oor die teksgedeelte.  Maak eers seker almal verstaan al die woorde.  Ouers kyk na die inligting in die Kleingroepmateriaal

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Dit help nie as ons net hoor wat God sê en die regte goed dink nie – ons moet ook die regte goed doen.
  • Watter versoekings is daar vir julle, wat kan maak dat jy nie doen wat God wil hê nie?
  • Onthou dat ons deur Jesus vergewe word wanneer ons nie op die regte pad bly nie!  Hoe help God ons om op sy pad te bly?  Watter goed gee hy wat ons daarmee help? (Dink aan die Bybel, mede-gelowiges,ens.)

LEEF

  • “Jy moet op die regte pad loop.” Wat is dit wat God wil hê jy moet doen?  Deel dit met mekaar en gesels oor hoe jy dit gaan regkry.  Bid dat die Here julle sal help daarmee.

Rom 8:12-17 Week vanaf 28 Mei 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 28 Mei tot 2 Junie 2012

RUS

  • Kyk terug oor die week se Pinkster-dienste.  Wat staan vir jou uit?  Wat het die Gees die afgelope week vir jou geleer?

Lees Romeine 8:12-17 uit Die Nuwe Testament vir Kinders.

12–13 Omdat die Heilige Gees in ons bly, mag ons nie lelike dinge doen nie. Laat die Heilige Gees julle help om nee te sê vir sonde. Dan sal julle vir altyd lewe.  14–15 Die Here se kinders laat toe dat die Heilige Gees hulle lei. Die Gees is glad nie kwaai nie. Hy sorg dat julle nie bang vir God is nie. Hy maak julle God se kinders. Die Gees sorg dat ons baie lief vir God is. Hy leer ons om God as ons Vader te ken. Ons kan nou elke dag vir Hom “Vader” sê.  16–17 Die Gees wys vir ons dat ons regtig God se kinders is. Hy sê dit hier in ons binneste vir ons. Omdat ons God se kinders is, erf ons by Hom. Kinders erf mos by hulle ouers. God het ons name in sy testament geskryf omdat ons in Christus glo. Ons gaan eendag ’n plek in God se nuwe wêreld kry! Nou kry ons swaar hier op aarde. Ons ly saam met Jesus. Maar eendag gaan ons by Hom bly. Dan sal Jesus ons soos konings daar by Hom ontvang.

Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).

  • Maak eers seker almal verstaan al die woorde.  Deel dat vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Kyk gou in die teks hoeveel goed julle kan kry waarmee die Heilige Gees ons alles help.
  • Hoe lei die Heilige Gees ons?  (Gee kans dat almal sê.  Dit kan moontlik aangevul word met:  deur die Bybel, deur ander gelowiges, deur ons gewete.)
  • Wat beteken dit om God se kind te wees?

LEEF

  • Wat vra die Here nou van jou?