Skip to main content

Tag: Genesis 21

Genesis 21:9-21 Familiediens preek

Woestyne is belangrike goed – in die Bybel en regdeur die Christelike tradisie tot in elkeen van ons se lewens.  Soms kies mens ’n woestyn – soos Hagar in Gen. 16.  Soms is woestyne iets wat met jou gebeur, soos in Gen. 21.  Dikwels is woestyne iets wat God toelaat.

Verskillende dinge in ons lewens voel vir ons soos woestyne.  En verskillende dinge bring ons by ons woestyne uit.  Maar in hierdie verstaan van woestyne is woestyne plekke van swaarkry; plekke van alleenwees; plekke van versoeking om ons eie planne te maak of om op te gee.  Dit is plekke van verlies, plekke waar ons twyfel oor God se teenwoordigheid.  Plekke waar ons heeltemal gestroop is van onsself, van al die geraas wat ons doof maak, van al die sekerhede waarop ons staatgemaak het.

Ons kom ook – in ’n leeftyd soms ’n hele paar keer – by skrikwekkende plekke waar dit voel asof daar nie meer hoop is nie.

Hagar lê haar seun onder ’n bos neer – die bewoording gee letterlik die idee van neerlê in ’n graf.  Sy gaan sit ’n ent weg – die pyn is te veel, sy wil nie haar seun se swaarkry sien nie.

En agter Hagar en Ismael aan het God gestuur

Die engel van geregtigheid.

sê Cussons.

Continue reading