Skip to main content

Tag: Eksodus 20

Wees Getrou II – Eksodus 20:2, 12-17 Preek

Die wet gaan nie oor jou nie.  Dit is t.w.v. jou naaste.  God het jou naaste so lief, dat hy vir jou die wet gee.  God het jou so lief, dat hy vir jou naaste die wet gee.

Sodat ons almal vry kan wees, sodat ons almal met die waardigheid behandel kan word wat hoort by mense wat aan God behoort, nie soos slawe gaan geen waarde het nie.

Continue reading

Wees Getrou – Eksodus 20:1-11 Preek

In my dekades in hierdie gemeente, het ek al ’n paar keer oor die Tien Gebooie gepreek.  Dis opvallend dat elke preek wat ek hieroor gepreek het, met ’n waarskuwing of ’n voorbehoud – ’n tipe “disclaimer”- begin.  Want sien, die Tien Gebooie is gevaarlik.  Wanneer ons dit uit konteks uit lees – uit die konteks van die verhaal van Eksodus, uit die konteks van die hele Bybel, uit die konteks van God se verhaal met ons – dan raak die tien gebooie wetties.  Dan raak dit ’n lysie wat ons kan afmerk, ’n etiese maatstaf om ons sukses die afgelope week te toets.  Daarom moet ons altyd onthou dat die Tien Gebooie nie ’n lysie is wat ons kan afmerk nie.  Dit bevat nie alles wat God van ons verwag nie – en dit bevat alles wat God van ons verwag.

Continue reading