Skip to main content

Tag: Damaskus

Kyk anders na ontwrigting – Handelinge 9 Preek

Ontwrigtings heroriënteer ons.  Dit laat ons moontlikhede heroorweeg.  Dit laat die skille van ons oë afval en laat ons nuut sien, anders kyk.  Dit breek die ou perspektiewe af en maak moontlikhede oop waaraan ons nooit eers sou gedink het solank ons gemaklik en gerieflik voortgegaan het nie.

Dit veronderstel ’n diep kennis van wie God is, die wete dat ons by hom veilig is, vertroue in die wonders wat God deur wilde omwentelinge kan bewerk.

Dit is wanneer ons ophou om die ontwrigting te beveg, maar eerder te vra waar Jesus in hierdie ontwrigting is, dat ons oë kan oopgaan.

Ek weet nie wat die omwentelinge en ontwrigtings in jou lewe is nie.  Maar ek weet dat ons te maklik nuwe moontlikhede en nuwe verstaan en nuwe visie teëstaan omdat ontwrigting vir ons pynlik is.  Ek weet ook dat God kan aanhou om ons te verras en te verander en te verruim, wanneer ons na hom luister, ook wanneer dit ons bang maak, en hom gehoorsaam volg.

Continue reading