Skip to main content

Tag: Craig Keener

Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?

Laat ek dit weer helder sê: Markus, Lukas, Matteus, Johannes, Paulus en elkeen van die ander skrywers van die NT wat oor Jesus geskryf het, het bevestig dat Jesus ‘n wonderwerker was. Hulle sou dit immers nie kon skryf as dié dinge nie regtig gebeur het nie. Die wonderwerke van Jesus en die getuienisse daaroor in die evangelies maak net sin, as dit regtig gebeur het.

Die interpretasie van wat daar gebeur het, daaroor kon ‘n mens natuurlik verskil. Die Fariseërs en die Skrifgeleerdes het immers duidelik verskil oor die interpretasie daarvan. Jesus se wonderwerke is van die duiwel af, het hulle gesê. Dit kom nie van God af nie!

Dít was hulle interpretasie. Maar hulle het nie gewaag om te probeer sê, dit het nie gebeur nie. Hulle kon nie, want die getuienis oor Jesus se wonderwerke was net te duidelik. Hulle kón nie daarmee stry nie. Hulle kón dit nie ongedaan maak nie. Verdag maak, ja, verseker. Ontken, nee, toe nie. Dit was net nie moontlik nie.

Geen wonder dat nie een van die antieke bronne op Jesus se wonderwerke gereageer het deur dit te probeer ontken nie. Josephus noem Jesus baie spesifiek ‘n “miracle worker”. Selfs die Fariseërs en Skrifgeleerdes het die wonderwerke nie probeer ontken nie; net teologies probeer diskrediteer.

Maar, dít was toe. Is wonderwerke moontlik vandag?

HIER VOLG DIE HELE VOORDRAG:

Continue reading

Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe

Die wonderwerk van vergifnisDie hart van die boodskap vandag is dat die wonderwerk van vergifnis eintlik die belangriker wonderwerk is. ‘n Mens sou selfs kon sê, die wonderwerk van vergifnis troef die wonderwerk van genesing, al gee Jesus uiteindelik albei vir die man.

Want sien, jy kan met albei jou twee bene loop, sonder krukke oor die weg kom, sonder ‘n draagbaar of in sy geval ‘n slaapmat beweeg, maar as jou sonde nie op ‘n manier vergewe word nie, is jou toekoms duister.

Hou moed, kind, jou sondes word vergewe.” Jesus sien dus sy hart raak, en genees sy hart. Vergifnis is die groter wonderwerk, dié een waarvan fisiese genesing eintlik net die teken is.

Jesus is dus nie maar net die Groot Geneesheer nie. Hy is veral die Groot Vergewer van sondes.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading