Johannes 9 Preek
Vandag se Skriflesing vertel so storie van sig en blindheid.
Een van die beelde wat Jesus gebruik om te sê wie hy is en wat hy doen in gelowiges se lewens, is die beeld van lig. Kort voor die gebeure in vanoggend se Skriflesing, in Joh. 8:12, sê Jesus: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
Jesus is die openbaarder deur wie God se plan en doel met menslike lewe openbaar word. En hoe ons reageer op daardie lig, is bepalend: Lig kan jou pad verlig, of as jy hardkoppig na die lig bly staar sonder om die mag daarvan te erken, kan dit jou verblind.