Skip to main content

Spreuke 1:1-7 Week vanaf 16 Julie 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 16-22  Julie 2012

RUS

  • Dink terug oor die kwartaal.  Wat was die hoogtepunte en laagtepunte?  Wat het die Here daardeur in jul lewens gedoen?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Spreuke 1:1-7 uit Die Bybel vir Almal.  

Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. [Spreuk: Iets wat iemand sê. Hulle sê dit kort en slim, en dit is iets wat almal moet weet.] Spreuke leer vir jou wysheid. [Wysheid: Alles wat ’n mens moet weet om reg te kan lewe en om die regte dinge te kan doen en sê]. Dit leer vir jou om te weet wanneer mense verstandige dinge sê, [Verstandig: ’n Mens is verstandig wanneer hulle die regte ding op die regte tyd doen of sê.] en dit leer vir jou om te luister wanneer iemand vir jou die regte dinge leer oor wat goed en reg en regverdig is. [Regverdig: Reg, soos die Here wil hê. Wanneer iemand regverdig is, dan doen hulle reg aan ’n ander mens, soos die Here wil hê.] Spreuke maak jong mense wat baie min weet, verstandig, sodat hulle sal weet wat die regte dinge is om te doen. Wyse mense moet ook luister na die spreuke, sodat hulle nog meer sal weet. Verstandige mense moet leer, [Wyse mense: Mense wat weet wat die regte dinge is om te doen en te sê. Verstandige mense: Mense wat die regte ding op die regte tyd doen of sê.] sodat hulle die spreuke en die slim dinge wat wyse mense sê, sal verstaan. Jy moet gehoorsaam wees aan die Here en jy moet Hom respekteer. As jy dit doen, dan is jy regtig slim. Dit is dwase wat dink dit is nie belangrik om wysheid te hê en om te leer nie. [Dwaas: Iemand wat dwaas is, is dom, want hulle doen nie wat die Here wil hê nie.]

Gesels oor die teksgedeelte.  Maak eers seker almal verstaan al die woorde. 

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Die NAV sê:  Kennis begin met die dien van die Here.
  • Wie is die wysste mens wat jy ken?  Hoekom is hulle die wysste?
  • In watter deel van jou lewe het jy hulp nodig om wys te wees? 
  • Wat kan jy doen om wyser te word?

LEEF

  • Wat vra die Here nou van jou?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

huisgodsdiens; materiaal; huisgodsdiensmateriaal; spreuke 1; wysheid

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.