Prediker 1 Week vanaf 15 April 2012
Prediker 1-6 Huisgodsdiensmateriaal
16-22 April 2012
Rus
- Gesels oor die vakansie – wat was die beste deel daarvan?
- Gee kans dat elkeen dink waaroor hulle lewens gaan – waarmee hou jy jouself besig? Deel dit met mekaar.
- Laat iemand bid en jul byeenkoms aan die Here opdra.
Hoor
Lees Prediker 1:2, 12-14;
- Gesels oor die teksgedeelte. Wat tref julle? Watter vrae laat die gedeelte by julle opkom?
- Ouers verduidelik vir die kinders wat ons bedoel as ons praat oor die “sin en betekenis” van die lewe.
- Gesels saam: in watter goed soek mense alles sin en betekenis?
- Deel met mekaar: wat maak die lewe vir jou die moeite werd?
Leef
- Is daar dalk areas van jou lewe wat jy te ernstig opneem?
- Lees Markus 8:36. Wat sê dit oor die teksgedeelte van die week?
- Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.