Lukas 1 Magnificat 23 Desember 2012
Kindertyd
Die Vierde Koning (Deel III)
Skriflesing
Lukas 1:39-56
Preek
Al Lindgren
is ‘n professor by die Garret Evangeliese Teologiese Sentrum.
Hy vertel hoe hy en sy laerskool seun gaan visvang het.
Soos wat blykbaar maar soms met visvang gaan,
wou vis nie daardie dag byt.
En soos blykbaar maar met visvang gaan,
beteken pa en seun kon lekker gesels.
So, sommer so onverwags,
Lindgren se laerskoolseun gevra:
“Pa, wat dink jy is die moeilikste ding wat God ooit probeer doen het?”
Pa effens onkant gevang,
nie geweet wat te antwoord.
Vra toe maar vir seun:
Wat dink jy is die moeilikste ding wat God ooit probeer doen het?
Seun antwoord met tipiese wysheid van laerskoolkind:
In wetenskapklas
gedink moeilikste ding God ooit moes doen
om hele wêreld te skep.
In Sondagskool gesels ons toe oor wonderwerke.
En toe dink ek die moeilikste ding ooit
was om Jesus uit die dood te laat opstaan.
Toe dink ek verder,
en kom agter
min van ons ken God regtig baie goed.
Nou dink ek
die moeilikste ding wat God het om te doen
is om ons te laat verstaan
wie hy is
en hoe lief hy ons het.
Nie ‘n sprokie nie
Vandag is die Sondag van liefde –
laaste Sondag in ons dae aftel na Kersfees.
Gevaar,
soos paar weke gelede ook gesê,
dat hierdie boodskap vir ons so gewoon,
so afgesaag raak,
so vaag tussen verpakking van
geskenke
en liggies
en kuier,
dat ons nie meer hoor hoe radikaal dit is.
Want moet geen fout maak nie:
God se liefde
soos wat ons dit uitgebeeld sien in die kers-gebeure,
is radikaal.
Twee swanger vroue,
een skandelik oud
en die ander ‘n ongehude tienermeisie,
waarskynlik tussen 13 en 16 jaar oud,
se lewens word radikaal omgekeer.
En hulle sing van ‘n messias wat die wêreld omkeer.
Niks sou ooit weer dieselfde wees nie –
nie vir hulle nie,
en ook nie vir die res van die wêreld nie.
Dis nie ‘n nostalgiese sprokie nie.
Dis ‘n revolusie.
En die revolusie strek van die blink beligte strate van New York
tot die stofstrate van Afrika.
Die skrywer Dorothy Sayers het gesê:
Julle christene het die beste nuus op aarde –
die menswording van God!
en julle hanteer dit
asof dit onbelangrike nuus is,
gepas vir bladsy 14 van die koerant.
Miskien ons uitdaging dan
hierdie Kerstyd
om te probeer
om die revolusionêre betekenis van Jesus se geboorte
nuut te hoor,
om onsself oop te stel daarvoor
dat hierdie boodskap
ook ons lewens
radikaal kan omkeer.
Maria se lied
Wanneer Maria by Elisabet kom,
sing sy ‘n lied.
Lied staan bekend as die Magnificat.
Deurspek van aanhalings uit OT.
In lied hoor presies hoe radikaal,
hoe revolusionêr,
geboorte van messias is.
So revolusionêr is hierdie lied,
dat William Temple,
aartsbiskop van Canterbury (1942-44)
sendelinge in Indië gewaarsku het
nooit Magnificat in openbaar te lees.
Christene was reeds onder verdenking in Indië.
Daarom gewaarsku nie iets te lees
wat so opruiend kan wees nie.
In eerste deel van haar lied,
besing Maria lof van God
oor wat hy vir haar persoonlik gedoen het –
het haar in haar geringheid raakgesien,
haar eer gegee.
Sien daarin natuurlik ook hoe eer by God lyk –
(reeds al revolusionêr)
jong, ongetroude vrou swanger,
seun sterf –
maar juis daarin
en in kans God te dien,
deel te wees van sy koninkryk,
ontvang sy eer.
Tweede deel van lied
sing Maria oor die revolusie
wat deur Jesus sou kom:
magshebbers word van hul trone afgeruk,
armes word verhoog.
rykes word gestroop
armes word versorg.
God se seun keer die hele sosiale orde om.
Dis ‘n gevaarlike lied vir ‘n tienermeise om te sing!
Kan verstaan hoekom biskop nie wou hê in Indië lees.
Vandag nog gevaarlike lied te sing!
Want let op:
Maria sing nie
omdat Jesus mense se siele hemel toe gaan stuur nie!
Sy sing
omdat hy die KONKRETE
aardse wêreld
gaan omkeer
en weer in lyn met God se geregtigheid gaan bring.
Nie net eendag in hemel
maar ook hier
nou.
Wat sê dit vir ons,
vandag nadink oor Kers-gebeure?
Hoe leef ons met hierdie lied,
hierdie hele verhaal,
saam,
sonder dat bloot ‘n sprokie op Kerskaartjie word?
Eerstens kies God ‘n Nasaret Nobody
Die Boodskap vertaal die teks:
“46Ek maak die Naam van die Here groot.
47Ek juig oor God. Hy is my Redder.
48Ek is glad nie belangrik nie,
ek is maar een van God se diensmeisies;
tog het Hy my raakgesien.
Van nou af s
al my naam op almal se lippe wees.
Alle geslagte sal sê
dat ek die gelukkigste vrou op die aarde is.”
God kies ‘n arm tienermeisie uit Galilea.
Gebruik haar om seun wêreld te stuur,
ook invloed deur geskiedenis.
Vandag nog Maria se lied
dryfkrag agter optrede van baie mense
wat stry vir geregtigheid.
Nie sleg vir ‘n nobody,
‘n tienermeisie uit die middel van nêrens!
God gebruik die klein,
onbelangrike
om grotes te lei.
God gebruik die swakke
om die sterkes te leer
en die gewone
om die buitengewone te dra.
Eugene Peterson vertel
as kind altyd laaste gekies te word
as kinders in buurt gespeel,
spanne gekies.
Een dag twee kapteins stry gekry
oor wie hom gaan kies –
niemand wou hom hê nie!
In een oomblik,
sê Peterson,
het van zero na minus gegaan!
Vandag,
Eugene Peterson vertaler van Message,
inspirerende skrywer van etlike boeke.
Want by God is niemand ooit ‘n zero
of ‘n minus nie.
God sluit almal in wat altyd uitgelaat voel,
gebruik hulle
sy koninkryk te laat kom
op aarde.
Soos wat hulle sê:
it is availability
not ability
that is key.
Elkeen van ons,
maak nie saak hoe klein
en onbelangrik
en onbevoeg
en uitgesluit ons voel
kan sê:
“Ek is tot beskikking van die Here”.
armes sit aan God se feestafel
Tweede sleutel ons leef met hierdie lied,
v53 (Boodskap):
Honger mense
het hy by ‘n feesmaal laat aansit
terwyl die rykes
met leë hande moes wegstap.
Hierdie boodskap altyd moeilik mense soos ons te hoor.
Versoeking gedurigdeur “armes”
wat so sentraal staan Jesus boodskap
te vergeestelik.
Feite is
ons luister na Maria lied
as van rykste mense in wêreld
(al voel nie aldag so)!
Vergelyk maar net ons Kerstafel
of kersboom
of Kersvakansie
met meeste mense in eie land s’n.
Nie toevallig dat ons hier is,
het wat ons het.
Ook nie danksy eie harde werk.
Ook gawes wat ons het,
geskenk van Here –
seën wat van hom ontvang.
Saam daardie seën,
kom ekstra verantwoordelikheid.
Jesus bring hierdie lied van sy ma
op besondere manier tot vervulling
wanneer revolusionêre nuwe gastelys saamstel:
Luk 14:12-14:
“Hy het ook vir die gasheer gesê:
‘As jy in die middag
of in die aand
’n maaltyd gee,
moet dan nie jou vriende
of broers
of familie
of ryk bure
uitnooi
sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi
en jou op dié manier vergoed nie.
Nee, as jy ’n feesmaal gee,
nooi dan armes,
kreupeles,
verlamdes en
blindes.
Jy kan jou gelukkig ag
dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie,
want God sal jou vergoed
by die opstanding van dié wat reg gedoen het.”
Lidmaat Walmer Methodist vertel hul kerstema vanjaar:
Christmas is not your birthday.
Ons,
wat vanoggend hier sit,
is geringes,
gewone
sukkelende mense –
deur God gekies,
spesiaal geseën
met gawes
en vermoëns.
Daarom word ons ook geroep
uit te reik,
om te gee.
Dié wat uitgelewer,
kwesbaar is
te versorg.
Veral hierdie tyd van jaar,
nie net bewus wees van wat kry,
of wat vir geliefdes gee,
maar ook van wat weggee,
uitdeel.
So,
terwyl kers-ete beplan,
geskenke toedraai,
ook weggee,
die nié voorregte het ons ontvang het.
Vandag Sondag van liefde.
Vier vandag daardie liefde ontvang,
dat daardie liefde van ons íémand maak.
Word ook opgeroep
daardie liefde konkreet te deel.
Dalk ís moeilikste ding God doen,
ons te laat verstaan hoe lief hy ons het.
Mag jy dan,
hierdie Kerstyd,
besef hoe lief God jou het,
hoe kosbaar jy is.
En dan juis daarom,
omdat jy ‘n greintjie van ‘n besef van God se liefde het,
ook geïnspireer wees
om daardie liefde te deel.