LEER – Hebreërs 4:14-16
As ek die woord Leer noem, waaraan dink jy? Hierdie tyd van die jaar is leer en eksamen ʼn baie populêre onderwerp in die samelewing. Dit vul ons koerant opskrifte, ouma en oupa se gebedslysies ens. Die leer waaroor ons egter vandag gesels is heeltemal iets anders. Hierdie Leer of leerstellings waaroor ons vandag gaan gesels is dinge wat ons bely oor ons geloof. Vandag is Hervormingsondag, juis ook wat ons vier: op hierdie dag vier ons eintlik wie ons is. Ons vier dít wat ons bely rondom ons verstaan van geloof; nie hoe ons goed doen as sulks nie (gaan nie oor inhoud bv. diens styl/ musiek, gemeente tradisies nie), maar wie ons is a.g.v. in wie ons Glo.
Wanneer ons dan vandag nadink oor wat ons rondom ons verstaan van geloof bely gaan ons verder lees uit Hebreërs. Nou leerstelling is waarskynlik een van die aspekte wat die grootste skeiding en bakleiery tussen gelowiges, gemeentes en geloofsgemeeksappe veroorsaak a.g.v. die groot verskille in die verstaan rondom leer. En dit is hoekom ons moet weet wat leerstellings is, hoekom daar so iets is en wat ons daarmee moet maak. Waaroor gaan die bohaai? Dis nie net iets wat honderde jare terug tydens die Hervormingsdag gebeur het nie. Alles wat ons sê oor Christus is ʼn leerstelling.
En hiermee wil ek wegspring met die sin waarmee Chris laasweek geëindig het. ( Gaan lees dit gerus op ons webwerf, somserstrandgemeente.co.za onder die opskrif bronne, predikers, Chris van Wyk)
Die hoofsaak is dus dat ons die hoofsaak die hoofsaak sal maak, dit is Jesus.
“The main thing is to keep the main thing the main thing” – Steven Covey
As ons gaan kyk na Hebreërs is die tema van leerstelling groot op die voorgrond. Hierdie Christelike gemeente het baie teenstand vanuit die gemeenskap, vanaf die nie-gelowige Romeine, ervaar a.g.v. hulle geloofsleer, die feit dat hulle vir Jesus as hulle verlosser aanvaar het en nie die Keiser nie. Op gronde van dit wat hulle bely het hulle glo was hulle beledig, verneder en verdruk deur hierdie nie-Christene nie. Hierdie aanhoudende aanvalle het die gelowiges moeg en deurmekaar gemaak. In die eerste plek was hulle nie meer lus om hulle geloof te regverdig en te verdedig nie en tweedens was hulle nie meer seker of dit wat hulle bely hulle glo die waarheid is nie, want hulle kry dan soveel ander insette en ook negatiewe opmerkings oor hulle geloof.
Hierdie nie net ʼn probleem wat in daardie tyd gebeur het nie. Die Christelike geloofsgemeenskap ervaar steeds baie aanvalle oor die dinge wat hulle sê hulle glo nie net van nie gelowiges nie, maar ook van mekaar. Leer IS ʼn groot probleem in ons samelewing. Dit skeur kerke uitmekaar en dit kom vir my voor dat ons leringe – dit wat ons oor Christus bely en juis die ding is wat ons aan mekaar moet weef, die ding is wat ons van mekaar af wegdryf.
En juis daarom is Hebreërs so ʼn goeie Brief van Bemoediging as dit kom by tye wanneer ons sukkel met die verstaan van die Christelike leer of selfs wat om onder die Christelike leer te verstaan, want die skrywer kom en sê vir die gemeente. Stop, haal asem: Die hoofsaak (die hoofsaak rondom wat ons bely oor ons geloof) is dus dat ons die hoofsaak die hoofsaak sal maak, dit is Jesus.
Kom ons lees Hebreërs 4:14-16 (die Groter gedeelte is 4:14-5:10 gaan huis toe en gaan lees dit verder)
Die hoofsaak is dus dat ons die hoofsaak die hoofsaak sal maak, dit is Jesus.
Nou wie is Jesus vir ons?. Hierdie teksgedeelte beskryf Jesus as die Hoëpriester, wat is ʼn hoëpriester? Volg saam uit hoofstuk 5.
Hoëpriester
- Vers 1 – ‘n mens wat uit die mense geneem en aangestel om v by God in te tree deur gawes vir die sondes.
- ʼn Priester was ʼn mens wat gekies is om ʼn spesiale taak te doen, nl. om offers na God te bring. Hierdie offers was dan gebruik as tekens wat gewys het hoe jammer die mense was oor al die sonde wat hulle gedoen het.
- Vers 2 – Hy kan meegevoel hê met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self aan swakheid onderhewig is.
- ʼn Hoëpriester was ʼn mense nes ek en jy. Hy was nie ʼn persoon wat in ʼn glaskas gewoon het en nooit in aanraking met versoekings gekom het nie. Hy kon verstaan hoekom iemand sekere sondes gedoen het, want hy self het ook gesondig en juis daarom sê vers 3 vir ons:
- Vers 3 – Om hierdie rede moet hy ook vir homself, net soos vir die volk, offers bring vir die sondes.
- Hy was nie immuun teen sonde nie. Ten spyte van sy hoë titel, wat party mense mag dink om verhewe gemaak het, dat hy beter as ander mense is. Dis glad nie die geval nie – het hy steeds gesondig.
- Vers 4 – Niemand eien hom die eer van hoëpriester toe nie, hy word deur God daartoe.
- Nou hierdie is ʼn belangrike eienskap van ʼn hoëpriester. Jy kon nie self kies of jy hoëpriester wil wees of nie. In die eerste plek het jou afstammeling, uit watter nageslag jy gekom het nl. vanaf Aaron dit bepaal. Daar was ook vereistes oor ouderdom. Koning jou genomineer.
Hierdie 4 punte beskryf ʼn Israelitiese hoëpriester, maar ons lees id teks dat Jesus ons hoëpriester is. Is daar dan ʼn verskil tussen Jesus as ons hoëpriester en ʼn Israelitiese priester? Wat is die verskil? Kom ons gaan kyk in ons teks.
Jesus as Hoëpriester
- Vers 5+6 – So het Christus Hom ook nie die waardigheid van Hoëpriester toegeëien nie, God het dit vir Hom gegee toe Hy gesê het: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader.
- Jesus het ook nie homself tot hierdie amp verkies nie, maar is deur God aangestel
- Jesus is nie net ’n menslike priester wat uit die mense aangestel word nie, maar die Goddelike priester wat as Seun van God juis gestuur is om vir ewig as ’n priester te dien
- Vers 7+8 – Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.
- Jesus is volkome mense, en het medelye met ons swakhede, want hy was self aan versoeking onderwerp . verstaan en voel
- Vers 9 – En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword
- Jesus doen nie net vir die sondes van die volk versoening nie, maar vir die sonde van die hele wêreld. Jesus doen nie vir sy eie sonde versoening nie, want Hy is sonder sonde.
- Vers 10 – en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.
Hierdie Jesus wat ons Hoëpriester is – dit is die geloof wat ons bely – dit is wat ons op Hervormingsondag vier. Dit is wie ons is a.g.v. in wie ons glo.
Dit is ons geloofsleer: Jesus
Vers 14: Terwyl ons dan nou ‘n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely.
Goed en wel ons sê ons geloofsleer = Jesus. Maar vroeër het ek dan gesê geloofsleer is dit wat ons bely oor ons geloof. Is ons geloof dan Jesus? JA dit is.
Jesus is die kern aspek as ons oor leer praat. Geloofsleer het niks uit te waai met aantal feite wat mens soos ʼn papegaai uit jou kop leer nie. Dis nie ʼn lys van 100 vrae en antwoorde wat jy kan memoriseer nie.
Wat is geloofsleer? Wat is lering? Wat is leer: hierdie goed maak ons dikwels so deurmekaar. Geloofsleer is iets wat 1. Glo: in wie glo jy, 2.daardie glo verduidelik in woorde en dan 3. daardie woorde bely deur jou lewe of waar maak in hoe jy leef – die dinge wat jy sê moet in ooreenstemming wees met die manier hoe jy lewe..
Wat is hierdie geloof wat ons dan bely? Wat is die implikasies van geloof wat jy bely? En soos v 14 sê: Hoe hou ons vas aan hierdie geloof wat ons bely?
- Jy moet glo: In Wie glo jy? – iewers in jou kop/hart moet jy hierdie glo vir jouself uitredeneer: wie is die God waarin ek glo, wat is die dinge wat ek omtrent Hom glo. Glo is nie gelyk aan verstaan nie, want ons kan God nooit ten volle te verstaan nie. Aan die ander kant is verstaan ook nie gelyk aan glo nie: Net omdat jy dinge verstaan beteken dit nie jy glo daarin nie. (Dink aan ‘n kruisbeeld)
- Glo te verduidelik in woorde: wat is die dinge wat jy glo? – Ons sê ons bely iets, en hierdie belydenis (leerstelling) het ʼn sekere inhoud. Ons glo in God, ons glo wat aan die Bybel en dat dit waar is. En dus moet ons die dinge wat ons verwoord ons glo, meet aan wat in die Bybel staan. As ons sukkel om te verwoord het mekaar – geloofstradisies, boeke, leerstellings en leerreëls, want om oor die Bybel te praat is leerstellings – leerstellings is om dit wat in die Bybels staan op te som. (Dink aan ʼn Bybel)
- Daardie woorde deur jou lewe bely: Hoe word hierdie geloof gewys in die manier hoe jy lewe en dit is waar die koekie krummel. (Dink aan tekkies – jy mag dalk ʼn paar besit, maar gebruik jy hulle werklik?)
Sit ons, ons geloof oor in aksie? Ons kan iets glo, ons kan ʼn standpunt inneem, maar tot ons dit deel maak van ons lewens het ons nie geloof daarin nie. Jy kan ʼn standpunt inneem: Vliegtuie kan vlieg, maar eers wanneer jy bereid is om in ʼn vliegtuig te klim het jy geloof in hul vlieg vermoëns.
Soms het mense standpunte oor wat hulle glo, maar in ons lewens wys dit nie dat dit geloof is nie. Bv. Ons sê ons glo in Jesus wat ons nie veroordeel nie, maar ons as gelowiges ons veroordeel mekaar. Ons neem ʼn standpunt in oor wie Jesus is, maar in ons lewens sien ons nie dat dit waar is nie.
Ons standpunt is dalk dat Jesus aarde toe gekom het as Hoëpriester vir sondaars en armes, maar ons bely dit eers wanneer ons liefde wys vir ons mede-sondaars. Christene is nie skielik nie meer sondaars nie – ons kan nie se wie gered is of nie – dit is ons leerstelling. So wie is ons om te se hulle is gered of nie.
Wanneer ons standpunte oorgaan in geloof, kom ons ware belydenis uit – ons ware leerstelling: dit waaraan ons moet vashou soos die Hebreërs skrywers sê.
Daar is tye wanneer ons deurmekaar gaan raak oor leerstelling, vies gaan raak vir die kerk en haar mense oor die stryery en bakleiery oor leerstelling. In hierdie week iemand met iemand gesels: “Who cares!!” Dan moet ons stop en asemhaal en die hoofsaak die hoofsaak maak en dit is Jesus.
Jesus se hoofsaak is genade. Vers 15 se gaan na die genade troon. Ons moet omgee, want Hierdie genade is nie uit jouself of jou eie vermoëns nie. Nie iets wat jy verdien of iets waarna toe jy werk nie. Dis nie prys wat jy kry deur goeie gedrag of wanneer jy die regte antwoorde gee nie. Dit is nie iets wat jy kry as jy die regte woorde bid of selfs hard genoeg bid en vra na genade nie. Dit is buite jouself.
As leerstellings ooit iets te doen het met vereistes wat op mense gestel word en nie aan die Bybel gemeet word nie oor hoe dinge in die kerk gedoen word soos: doop, nagmaal musiek, belydenis van geloof , vlak van dissipelskap, watter gawes jy het of nie het nie, watter gawes jy moet hê om te wys jy is geesvervuld– dan neem ons dinge in ons eie hande en probeer maak of die genade by ons lê en nie by die genade troon nie. Dan, probeer ons ons geloof in ons eie hande neem, dan probeer ons van geloof ʼn lys van vereistes en verwagtings maak. Geloof is dan iets wat ons doen in pleks van Iemand in wie ons glo. As geloof/leerstellinge ooit afhanklik is van dit wat ons doen, of hoe ons dit doen, dan nader ons nie die genade troon nie.
Waaroor gaan leerstellings dan: Jesus – die genade wat ons in Jesus kry soos wat dit in die Hebreërs boek staan. Leringe wat op die Bybel gebaseer is gaan die oor Jesus en sy genade nie vereistes wat gestel deur mense gestel word nie.
- In wie glo jy: Ons glo in ons Hoëpriester wat nie daar ver weg verwyderd van ons en ons situasies sit nie
- Wat is die dinge wat jy glo. Ons glo in die genade wat ons slegs by Jesus kry
- Hoe word hierdie geloof deur die manier hoe jy lewe bevestig: wanneer ons ophou vingers wys na ander gelowiges
Amen.
Uit hierdie gaan ons dan na die Nagmaalstafel en hoe ons nagmaal vier is ook deel van ons leerstellings:
Hoekom vir ons nagmaal:
In wie glo ons:
- Christus staan sentraal
- Herinnering aan Jesus se dood
Wat is die dinge wat ons glo:
- Christelike gemeenskap
Nagmaal bevestig God se toewyding vir ons bevryding
Hoe word hierdie geloof bevestig deur die manier hoe ek my lewe vier?
- Nagmaal is ʼn viering van vreugde
- Nagmaal bied ʼn geleentheid vir ʼn hart ondersoek
- Nagmaal is ʼn afwagting vir dit wat kom
- Nagmaal is ʼn herinnering aan ʼn nuwe lewe in Christus