Kleingroepmateriaal oggenddiens 8-14 Feb

Rus

  • Deel met mekaar wat op die oomblik in jul lewens aangaan.
  • Sit gemaklik met jou oë toe en laat iemand Lukas 6: 27-38 voorlees. Lees gerus uit ʼn vertaling soos die Boodskap/the Message of die Direkte Vertaling. Laat elkeen neerskryf watter gevoelens hulle beleef tydens die aanhoor van die teks.

Hoor

Laat iemand bid en die Here vra om julle te help om te LUISTER na God dit wat God vir julle wil sê en te gaan LEEF as antwoord op daardie boodskap.

Lees Matteus 5:38-42

  • Deel met mekaar wat in hierdie gedeelte vir julle uitstaan.
  • Hoe verstaan jy die konsep “om ‘n tweede myl vir iemand te stap?”
  • Hoe reageer jy op hierdie siening dat Jesus iemand juis jou vyande wil seën deur hulle nie terug te kry vir die kwaad wat hulle aan jou gedoen het nie, maar eerder ‘n ander wang te draai, bo-kleed ook te gee en ‘n tweede myl te stap? (Dink hier veral aan die gevoelens wat jy beleef het met die aanhoor van die Lukas teks.)

Leef

  • Tot watter tipe “tweede myl stap” roep God jou met aanhoor van hierdie teks?
  • Is daar ‘n spesifieke persoon in jou lewe, waarmee jy hierdie week ekstra moeite moet gaan doen, veral t.o.v. jou houding teenoor daardie persoon a.g.v. iets negatief wat hulle teen/aan jou gedoen het?
  • Deel met mekaar gebedsversoeke veral in verband met hoe jy voel jy hierdie week ‘n tweede my vir iemand moet stap.
     

Trackback from your site.

Leave a comment