Kleingroepmateriaal oggenddiens – 26 Januarie tot 1 Februarie

omgee26 Januarie tot 1 Februarie 2015

RUS

  1. Vertel mekaar ‘n kort verhaal van wat omgee al vir jou beteken het.
  2. Raak stil en laat iemand die volgende teks deurlees: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed, My juk is sag en my las is lig.” (Matt. 11:28-30).

Oordink die betekenis daarvan vir jou en laat iemand na twee minute ‘n kort gebed doen

LUISTER

  1. Lees Lukas 10:25-37
  2. Wat tref jou van hierdie Samaritaan se omgee vir ‘n man wat deur rowers aangeval is?
  3. Ken jy mense wat só vir ander mense omgee? Wat staan vir jou uit van hulle omgee?
  4. Wat verhoed jou om só vir ander mense om te gee? Tyd, geld, skaamte, afgryse, vrees, moedeloosheid? Ander dinge?
  5. Wat het jy meer nodig op die oomblik in jou omgee vir mense: meer gebed óf meer aksie?

LEEF

  1. Kies een van hierdie moontlikhede om Jesus hierdie week deur jou te laat omgee vir ander en vertel mekaar volgende week hoe die Here jou gebruik het:
  • Gesels met iemand wat kos nodig het – by jou deur, by die supermark of by een van ons sopkombuise. Maak kontak. Luister na behoeftes. Probeer agterkom wat hy of sy geniet. Eet iets sáám met die persoon.
  • Dink na oor iemand wat jy die afgelope week besoek het. Dink oor sy of haar behoeftes en bid vir die persoon. Volhard daarmee tot die Here antwoord. Bemoedig die persoon deur ‘n oproep, kaartjie of besoek.
  • Wees op die uitkyk vir iemand wat die Here oor jou pad stuur wat in jou ‘n gevoel van omgee wakker maak. Moenie dit ignoreer nie, en doen wat die Here op jou hart lê.
  • Is daar ander moontlikhede vir omgee wat die Here op jou hart lê?
  1. Gebruik die gebedsriglyne op die aankondigings vir jou voorbidding dié week.
     

Trackback from your site.

Leave a comment