Kleingroep-materiaal: 2 Kronieke 16 – 1-7 Augustus
Lees 2 KRONIEKE 16
Luister na die teksgedeelte – wat tref jou?
- Watter woord of frase het vir jou uitgestaan?
- Waar het jou gedagtes gestop?
- Deel dit met mekaar.
- Wat leer die gedeelte julle oor vertroue/toerekenbaarheid?
Luister na die konteks – waar is ons?
- Wat is die konteks van die verhaal? – geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies
- Wat doen dit aan mense in die teksgedeelte – en hoe reageer hulle daarop?
- Wat is ons konteks? – geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies
- Wat doen dit aan ons – en hoe reageer ons daarop?
- Watter raakpunte en verskille is daar tussen hulle konteks en ons eie?
Luister na God – wat doen God?
- Waar is God in die verhaal besig om te werk?
- Wat is God se goeie nuus in die verhaal (= evangelie)?
- Hoe help die gedeelte jou om God se werk beter te verstaan?
- Waar is God in ons konteks besig om te werk?
- Wat is God se goeie nuus vir ons konteks (= evangelie)?
- Hoe roep God jou om betrokke te raak by wat Hy doen in ons konteks?
Besoek ons webwerf:
Webtuiste: preke, hulpmiddels, inligting
Blog: gesprek
Dagstukkies: Tessalonisense en Korintiërs
E-pos