Kleingroep-materiaal – 1 Konings 19 – 15-21 Augustus 2010
Rus
- Sit gemaklik. Ontspan. Konsentreer op jou asemhaling.
- Dink na oor die afgelope 24 uur. Wat het gebeur waarvoor jy dankbaar is? Dank God daarvoor.
- Wat het gebeur wat vir jou sleg was of jou seergemaak het? Gee dit vir God oor.
- Wees stil. Konsentreer weer op jou asemhaling. Wag op God, die “fluistering in die windstilte”.
Hoor
Lees 1 Konings 19
- Dink na: Wat in die teks tref jou, roer jou hart of verontrus jou?
- Gesels saam oor wat julle opval en aanspreek in die lees van die teks.
- Hoekom brand mense vandag so maklik uit? Beleef julle ook die gejaagdheid van die lewe?
- Wat leer hierdie teks ons daaroor om “tot verhaal te kom”?
Leef
- Hoe help die dissipline van Sabbat ons om tot verhaal te kom?
- Hoe kan jy rus in jou lewe inbou?
- Waartoe roep God jou nou?
- Besluit op ‘n gepaste reaksie op God en dra mekaar aan die Here op.