Kleingroep-materiaal – 1 Konings 17 & 18. 8 – 14 Augustus 2010
KLEINGROEP-MATERIAAL
Lees 1 Konings 17 en 18
Luister na die teksgedeelte – wat tref jou?
• Watter woord of frase het vir jou uitgestaan?
• Waar het jou gedagtes gestop?
• Deel dit met mekaar.
Luister na die konteks – waar is ons?
• Wat is die konteks van die verhaal? (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies)
• Wat doen dit aan mense in die teksgedeelte – hoe reageer hulle daarop?
• Wat is ons konteks? (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies)
• Wat doen dit aan ons – en hoe reageer ons daarop?
• Watter raakpunte en verskille is daar tussen daardie konteks en ons eie?
Luister na God – wat doen God?
• Waar is God in die verhaal besig om te werk?
• Wat is God se goeie nuus in (= evangelie) in die verhaal?
• Hoe roep God mense daar om betrokke te raak by wat Hy doen?
• Hoe help die gedeelte jou om God se werk beter te verstaan?
• Waar is God in ons konteks besig om te werk?
• Wat is God se goeie nuus (= evangelie) vir ons konteks?
• Hoe roep God mense om betrokke te raak by wat Hy doen in ons konteks?
Trackback from your site.