Geloof is aansteeklik
Paddas sonder bene kan nie hoor nie: Geloof is aansteeklik Deut 6:4-9
Belydenisaflegging Somerstrand 11 November 2012
Verwelkoming
Toetrede
Lied 164 Ons is almal hier tesaam (sit)
Votum
Ps 111
Seëngroet
Lofsang
Lied 209 x2 Heer, met my hele hart (staan)
Flam 21:1-3 In die hemel is die Heer (sit)
Dankoffer
Koor Vonkk 58 Ons vind ons krag in die Here
Tussensang
Flam 124 Agnus Dei (sit)
Gebed
Skriflesing
Deut 6:4-9
Kindertyd
Mezuzah –
verlede week gemaak Spr 6 – reëls daar te beskerm.
Hierdie regte Mezuzah –
Jode, sommige Christene
(Onthou, Jode glo soos ons in OT
erf by hulle lewe wat om God draai.
Ons glo ook in Jesus.)
Woorde van Deut 6:4-5
Hebr – lees
4″Luister, Israel,
die Here is ons God,
Hy is die enigste Here.
5Daarom moet jy die Here jou God liefhê
met hart
en siel,
met al jou krag.
Jesus self hierdie vers aangehaal, toe gevra hoe God moet dien.
“S” voor op
Elke keer wat in huis ingaan, raak aan, onthou inhoud van teks
Preek
Reeks: Paddas sonder bene kan nie hoor,
denkfout ons maak: dink as kerk toe kom, is Christene,
maar padda het bene nodig te kan spring –
lewe van geloof res van lewe.
Vandag:
Geloof is aansteeklik.
Jongmense vandag voor ons almal,
voor God,
geloof bely,
goeie dag te vra:
wat beteken dit om te glo?
Iewers langs pad dinge verkeerd begin verstaan,
padda bene begin lam raak,
sodat mense dikwels vandag dink
geloof privaat.
Geloof natuurlik persoonlike saak –
in sin dat myne is,
my eie gemaak,
ek regtig God liefhet.
Maar is nie privaat!
Geloof altyd saak van gemeenskap –
van behoort aan groep gelowiges,
saam met hulle aanbid.
En geloof is publiek
(Chris paar weke gelede)-
het nie net met private lewe te doen –
het alles met publieke,
openbare lewe te doen.
Dit beteken
dat om gelowige te wees,
is om getuie te wees.
Jesus vir ons elkeen –
elke enkele gelowige –
opdrag gegee van hom te vertel.
God red nooit ter wille van onsself –
red met doel.
Red omdat wil gebruik,
omdat jou wil gebruik
sodat ander hom ook kan leer ken,
kan liefkry.
Om gelowige te wees
is om getuie te wees.
Twee gaan saam.
Paddas het taai tonge!
Dit beteken vir sommige gelowiges dat hulle sendelinge word:
dat hele lewe opsy sit,
voltyds evangelie verkondig.
Meeste van ons beteken nié dat sendelinge word nie.
Beteken wel steeds
dat hele lewe opsy sit
voltyds evangelie verkondig.
Almal van ons,
geen uitsonderings.
Dit is wat beteken Christen te wees.
Dit is wat geloof is.
En dis nie onderhandelbaar nie.
Maar nou ook moet eerlik wees,
idee dat ons almal getuie is,
maak meeste van ons bang.
Laat klomp van ons skuldig voel.
Idee dat hele tyd vir mense van Jesus moet vertel,
skrikwekkend!
Vandag sê:
ontspan!
As gawe van evangelisasie het,
dan is dit wat moet doen –
waarskynlik ook wat reeds doen.
Maar vir res van ons
is ons nie in eerste plek getuies deur vir almal van Jesus te vertel.
FAITH IS CAUGHT
Teks vanoggend gelees,
gee vir ons sleutel –
help ons verstaan hoe God ons wil gebruik,
hoe getuies moet wees.
John Westerhoff gesê:
Faith is caught more than taught.
Natuurlik beteken nie dat wat geleer word waardeloos –
inteendeel,
belangrike, sentrale deel van hoe geloof leer.
Meer reeds verlede Sondag gesê:
voorbeeld altyd groter invloed as wat sê.
Paar weke gelede vertel jaarliks belydenisgroep vra
vertel les,
vertel kategeet –
onthou selde inhoud,
onthou mens.
Teks begin praat met ouers;
Verlede week kinders ouers gehoorsaam,
sal veilig hou.
Hierdie teks saam met verlede week se teks lees.
Wanneer ouers hierdie leef,
kan kinders ouers gehoorsaam,
sal beskerm en lei.
Lewe wat ouers leef,
elke dag
by huis,
voor TV
aan tafel
in kar op pad na en van skool
saans gereed maak vir bed
soggens rondskarrel almal betyds op plekke te kry –
wie jy daar is
gaan kinders se geloof bepaal.
Maar ook res van ons,
nie ouers –
Deutr 6 ook ons sleutel
hoe getuie moet wees.
Julle vanoggend geloof bely:
staan voor ons almal,
sê is Christen.
Beteken nie moet nou vir res van lewe
oral waar gaan:
“ek is christen,
ek is christen”.
Beteken gewoon,
dat teks vanoggend ernstig opneem:
MAAK GELOOF JOU EIE
Eerste manier ons getuies is,
is deur geloof ons eie te maak.
Iemand vertel erdwurm –
tuiniere wil graag in tuin hê,
goed vir grond,
vrugbaar.
Blykbaar
wat beteken,
is al stowwe eers deur erdwurm gaan,
dan uitgeskei,
maak grond vrugbaar.
Verskoon beeld,
maar geloof –
jou liefde vir God,
so deel van jou:
in jou hart
en siel
en krag
en verstand
dat dit by jou porieë uitkom.
Message vertaling Deut 6:6-7:
Write these commandments
that I’ve given you today
on your hearts.
Get them inside of you
and then get them inside your children.
Wat glo,
God wil en wet en woord,
so ingeweef word in jou lewe,
dat dit een geheel vorm.
As lap weef –
nie aparte dele,
kan nie verskillende drade van mekaar onderskei.
So met gelowige:
dat Woord van Here so ingeweef,
dat lewe en geloof een is.
Teks en konteks so aan mekaar geweef,
dat woord van God
ruimte word waarbinne leef.
LEEF MET INTEGRITEIT
En dan moet ons dit leef!
Teks:
wet van God aan hand en voorkop,
aan huis en stadspoorte.
Lewe van geloof
in wat dink
en wat doen.
In huis
en in skool,
werk,
regering,
alles deurtrek van gehoorsaamheid aan God.
Onlangs navorsing gedoen
(grootste ooit),
waarom jongmense kerk verlaat.
Hartseer feit,
jongmense in hoofstroom kerke,
geleer vir 13 jaar,
gaan deur proses,
geloof bely…
en dan meestal verdwyn.
Reuse navorsing onderneem,
vraelyste…
nog besig navorsing te verwerk,
baie redes,
natuurlik kompleks,
maar lyk asof een ding uit staan,
grootste rede jongmense gee
waarom nié gelowig bly:
skynheiligheid:
wat hulle Sondae by volwassenes sien,
nie selfde wat res van week sien.
Natuurlik beteken
dat hulle nie geloof deel van eie lyf gemaak het,
maar ook vir res van ons –
almal van ons –
sê hoe belangrik is,
dat ons eie geloof
deel sal maak van onsself,
en dan sal leef,
met integriteit,
in gehoorsaamheid aan God.
Wat julle vandag doen wanneer belydenis van geloof aflê,
is sê dat
1. julle God ken en liefhet –
dat julle Glo dat Drie-enige God Here is,
enigste Here
2. en dat dit deel is van julle –
dat julle hom liefhet
met hart, siel, krag en verstand
3. en dat julle wil leef soos hy wil,
in elke aspek van lewe,
sodat ander deur jou optrede
God kan leer liefkry.
Nie uit jouself dat hierdie geloof kan bely –
is eerstens deur werk van Gees.
Gees mense gebruik
jou van geloof te vertel,
te leer.
Ook jou geloof
is taught EN
caught.
Toe jy gedoop is,
het God gesê hy lief vir jou.
Jou ouers gelofte gemaak
hulle Deut 6 sal leef –
hulle jou sal leer,
sodat jy,
wanneer oud genoeg,
op God se belofte kan antwoord,
kan sê jy ook lief vir God.
Dat jy vandag hier jou geloof kan bely,
kan commit daartoe om vir God te leef
vir res van jou lewe,
is o.a. omdat jou ouers
deur hulle geloof
vir jou geleer het van God se liefde vir jou.
Daarom vra dat ouers hul kinders,
soos wat ek name lees,
vorentoe sal bring.
(Jongmense kom staan bo,
ouers staan onder trappies, agter hulle):
Ouers,
toe kind gedoop,
jy kind aan God toegewy,
erken behoort aan God,
beloof om kind groot te maak,
dat kind weet behoort aan God,
God genade aanvaar,
God sal dien.
Soos wat kind gebring na doopvont,
bring vandag hierheen,
sodat hulle self kan antwoord.
Hoewel jou taak as ouer nooit klaar,
bring vandag as dooplidmaat,
gaan hulle weg hiervandaan as volwasse lidmaat.
Vandag onderneem jou kind
op eie voete in geloof te staan.
Weet jy sal altyd jou kind beskerm,
versorg
bid,
herinner aan belofte hulle vanoggend aflê.
Maar soos wat in doop na God gebring
vra nou simbolies hier laat,
in erkenning van kind onderneem as volwasse lidmaat te leef.
• Ouers gaan sit
Die feit dat jy vandag hier is
om belydenis van geloof af te lê,
dat jy nou “Ja” antwoord
op die belofte wat jou ouers by jou doop gemaak het.
Om belydenis af te lê,
beteken dat ek voor die gemeente sê
wat ek in my hart glo –
en dit is dat Jesus Christus die Here is,
ook die Here van my lewe.
As ek belydenis aflê, sê ek ook dat ek alleen op Jesus sal vertrou,
dat ek graag wil lewe volgens sy Woord
en dat ek aktief by die kerk betrokke wil wees.
Ek sê ook dat ek getrou sal bid en die Bybel sal lees
en dat ek uit dankbaarheid vir God wil lewe –
oral waar ek kom of gaan.
Luister nou mooi na die volgende vrae en antwoord opreg daarop:
1. Glo jy dat die Bybel die waarheid is,
en dat Jesus Christus die enigste Verlosser is
deur Wie ons die nuwe lewe kan kry?
2. Beloof jy om,
deur God se genade,
vir die res van jou lewe
getrou te wees aan die belydenis wat jy vandag aflê?
En sal jy alle leringe wat nie met die Bybel ooreenstem nie,
verwerp?
3. Het jy vir Jesus Christus gekies
as jou persoonlike verlosser,
en het jy hom lief?
Beloof jy om hom te dien
en om nie skaam te wees
om dit voor ander mense te sê nie?
Beloof jy om deel te neem aan die werksaamhede van die kerk –
sodat jou eie geloof nie net sal groei nie,
maar jy ook Christus se liefde met ander kan deel?
4. Onderneem jy,
saam met die ander gelowiges van die gemeente,
om vir mekaar om te gee
en te sorg
en so ook te help
dat ons die eer van die Here sal beskerm?
(Laat elkeen afsonderlik hardop hierop antwoord).
God sluit ‘n genadeverbond met elkeen van ons –
hy verseël dit by ons doop.
En nou het julle dit ook bely.
Daarom verklaar ek nou
dat julle belydende lidmate
van die NG Gemeente Somerstrand is.
Jy moet die Here jou God liefhê
met hart
en siel,
met al jou krag.
Hierdie geloof wat jy vandag bely het,
moet in jou gedagtes bly.
Dit moet deel wees van wat jy dink en doen.
Dit moet deel wees van jou hele lewe.
Liewe gemeente,
ontvang hierdie jongmense
as deel van die gemeente –
sien om na hulle,
sorg vir hulle,
bid vir hulle.
Moedig hulle aan
en leef in liefde met hulle saam –
sodat God se Naam verheerlik word
en Jesus se liefde uitgedra word.
Gebed
Seënlied
Lied 286 Here God van liefde (sit)
Gelukwensing
POWERPOINT MET FOTO’S
verduidelik boeke – die storie
Inbeweeg in gemeente
Wanneer nou in gemeente inbeweeg,
doen as volwasse,
belydende lidmate.
Simbool inbeweeg gemeente,
gereed plek vol staan.
Slotsang
Lied 284
Gebed van St Francis van Assisi –
Laat Heer U vrede deur my vloei (staan)
Seën
Die Here is voor jou
om die pad gelyk te maak.
Die Here is langs jou
om jou in sy arms toe te vou.
Die Here is agter jou
om die aanvalle van die Bose af te slaan.
Die Here is onder jou
om jou te dra as jy sou val.
Die Here is rondom jou
om jou te beskerm.
Die Here is bokant jou
om jou te seën.
Die Here is in jou
om jou te lei
met sy Heilige Gees.
Die drie-enige God is by jou,
van nou af
tot in ewigheid.
Amen.
Respons
Lied 311 Dit wat ons hier ontvang het (koor is voorsangers)