Skip to main content

Dag 3 – Wie ek is – 18/11/09

Lees 1 Johannes 2:15 – 17

Ons perspektief behoort ons prioriteite te bepaal, en ons prioriteite ons praktyke.  ‘n Bybelse perspektief hou in dat alles wat ons van die liefde van die Vader weghou, eintlik afgodery is, ongeag hoe goed of lofwaardig dit mag wees.  Op ‘n manier is dit nie korrek om te sê dat ‘n Christen se prioriteite God eerste, familie tweede en beroep en bediening derde moet wees nie.  As Christus ons lewe is (Kolossense 3:3 – 4), dan verdra hy geen kompetisie of rangorde nie.   ‘n Christus-gesentreerde lewe beteken dat alles in verhouding tot Christus gesien moet word.  “Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.  Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie,  want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God” (Kolossense 3:1 – 3). In Lukas 10:38 – 42 lees ons van Marta wat vir ons as waarskuwing dien dat ons so maklik deur die sorge en bekommernisse van die wêreld in beslag geneem kan word, dat ons die heel belangrikste in die lewe mis.  Die sorge van hierdie lewe, die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande dinge, kan die Woord van God in ons lewe verstik en onvrugbaar maak (Lukas 4:19).  Kyk na jou lewe deur die lens van die heerskappy van Christus.  Wat is die implikasie van hierdie manier van sien?

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.