Skip to main content

Week 4: 6–12 Februarie 2011 – Jesaja 25

Jesaja 25 – God bring vreugde deur oordeel

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is die tyd van Epifanie (Griekse woord vir verskyning).
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.

HOOR

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.  Lees Jesaja 25.
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

Hoofstuk 25 fokus op twee gevolge van die verwoesting van hoofstuk 24.

25:1-5 OORLOG HOU OP: Let op dat dit in praise-and-worship taal geskryf is.  God se beplanning (Wonderbare Raadsman – 9:5) en beskerming (Ewige Vader – 9:5) word geloof wat tot die staking van oorlog lei.

25:6-12 GOD HOU ‘N FEESMAAL: Die lof gaan oor in ‘n feesmaal waarna alle volkere uitgenooi is, behalwe Moab.  Let op hoe die doek van onbegrip verwyder word.  Die meeste kommentare interpreteer dit eerder as ‘n doek van hartseer oor die wêreldwye oordeel, na aanleiding van Dawid wat sy kop met ‘n doek toegemaak het in sy smart – 2 Sam 15:30 – en wat nou weggeneem word en die konteks wat praat van trane wat verwyder word.

Daar is egter vir my baie raakpunte in hierdie doek met die sluier waarna Paulus verwys wat die Jode verhinder om die waarheid in die Skrifte raak te sien.  Dié sluier word verwyder, sê Paulus, wanneer die glans van Christus van sy mense af weerkaats word na die wêreld en hulle in ons lewenswandel Christus duidelik kan sien – 2 Kor 3 (jy kan meer daaroor lees in my bydrae bybelskool.com).  Daarom kies ek vir die interpretasie van doek van onbegrip, wat ook inpas met die versluierde boodskap wat Jesaja se roeping inhou – Jes 6.

Die dood word ook vernietig (vgl 1 Kor 15, Open 20-21 bv.) en God se volk in ere herstel wat tot ‘n erkenning van God se getrouheid sal dien. Die enigste wars noot is die oordeel oor Moab waarmee steeds volhard word.  Aan die een kant blyk dit dat die sonde van Num 22-24, waar Moab Israel se Intog in die Beloofde Land probeer stuit het, steeds teen hulle tel.  Aan die ander kant is hulle eintlik ‘n simbool van alle nasies wat hulle in hoogmoed teen God verset.  Hoogmoed bly die een ding waarmee God nooit vrede sal maak nie.

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week lees ons Jesaja 30:1-18. 
  • Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang. 
  • Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.  Chris van Wyk

Week 3: 30 Jan tot 5 Febr 2011 – Jesaja 7:1-25

Jesaja 7:1-25 – God vra geloofsmoed in krisisse

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.
  • Lees Jesaja 7:1-25.

  • Ekstra inligting:

Die jong vrou wat swanger word, was waarskynlik iemand wat Agas geken het, wat hom in lewende lywe kon herinner dat die Here sy Woord sal waarmaak, dat Hy inderdaad Immanuel, God-met-ons is.

Die boodskap van ‘n jong vrou wat sal swanger word, is natuurlik ook deur die evangelieskrywers van toepassing gemaak op Maria met Jesus se geboorte, wat op ‘n besondere wyse hierdie woord vervul het, en vir alle gelowiges die heersende interpretasie geword het, die Immanuel, God-met-ons (Mat 1:23).

Die Here gee aan Agas die opsie van ‘n teken wat hy weier.  Sy vroom verweer – ek wil die Here nie tart nie (Deut 6:16) – is eintlik gemaskeerde ongeloof.  Hy vertrou die Here nie, eerder sy eie alliansie planne met Assirië (2 Kon 16:7).

Die boodskap in vers 9 tref diep: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.” Letterlik staan daar: Julle moenie vrees nie, net vertrou.” Dit bly ‘n uitnodiging ook aan ons, veral wanneer ons self bewe vir die uitdagings in ons lewe en gemeenskap.

En die Immanuel van Kersfees, Jesus, het natuurlik ook beloof dat Hy deur Sy Gees in ons sal woon, wat op ‘n ander manier God-met-ons geword het (Joh 14:16-17)!

  • Volgende week lees ons Jesaja 25:1-12.

Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.  Chris van Wyk

Week 2: 23-29 Januarie 2011 – Jesaja 6:1-13

Jesaja 6:1-13 – God heilig jou vir jou roeping

  • Lees Jesaja 6:1-13.  Om julle te help, let op die 3 dele van die hoofstuk:
  • Die visioen van God se heilige teenwoordigheid oor die hele aarde (6:1-4);
  • Die reiniging van Jesaja wat hom voorberei vir sy taak (6:5-7);
  • Die gesprek tussen God en Jesaja waarin hy geroep en gestuur word met ’n boodskap van oordeel sowel as ’n stukkie hoop vir die oorblyfsel (6:8-13).

Die uitstaande kenmerk van God, sê die serafs, is sy Heiligheid.  Normaalweg verstaan ons heiligheid as apart, afgesonderd, onaantasbaar, maar dit kan as ‘n onweerstaanbare lig (van ‘n ander woord quddushu [ipv qadosh] afgelei) verstaan word wat beteken “om te skyn” of te “suiwer”. Daarom dat Jesaja die gesig beleef as ‘n ontnugterende en oorweldigende ervaring.

Ons het ‘n heersende praktiese teologie in die kerk, dat God geen eise stel nie, dat Hy die vriendelike aanvarende goedige kondukteur omie is wat vir ons ‘n kaartjie hemel toe gee en sal sorg dat ons die trein nie verpas nie. Niks kan verder van die waarheid wees nie.  God is heilig – Hy duld nie onheiligheid nie.  God is rein – Hy duld nie onreinheid nie.

En dié God stuur sy mense – Hy duld nie onaktiewe gelowiges nie.  In sy oë is hulle slegter as die ongelowiges.  In die brief aan die gemeente in Laodisea sê Hy, Hy spoeg sulke mense uit sy mond uit (Open 3:14-22).  Geen wonder dat Jesaja amper van angstigheid oor sy voete val om gestuur te word!  Dit is die teologie wat ons moet aangryp.  “ Ek sal gaan, Here” “Hier is ek. Stuur my!”

  • Volgende week lees ons Jesaja 7:1-25.