Skip to main content

Dag 1 – om met moed en oortuiging te leef – 19/10/09

Lees Rigters 4

Leiers het moed en oortuiging nodig om risiko’s te aanvaar en moeilike besluite te kan neem.  Debora tree op in só ‘n krisistyd.  Nie net is Israel 20 jaar lank oorheers deur die Kanaäniete en het die volk wanhopig weggekruip vir hulle vyand nie, maar moes sy die onsekerheid van Barak die hoof bied.

Deur haar gee God vir Barak en die volk moed met 1) die belofte van oorwinning, sowel as 2) die strategiese plan om die oorlog by die Kisonspruit te voer: “Ek sal hom na jou toe laat optrek …” en 3) die belofte van sy persoonlike teenwoordigheid: “Die Here gaan voor jou uit.”

God gee dieselfde beloftes en voorsiening vir leiers vandag.  Vir watter situasie roep die Here jou vandag? Laat hierdie verhaal jou die moed en oortuiging gee om dit onder God se leiding aan te pak.

Dag 1 – om afhanklik van God te leef – 12/10/09

Lees Matteus 6:25-34

Ons het almal meer as genoeg rede om ons te bekommer.  Jesus gee ons egter 6 redes waarom ons nie bekommerd hoef te wees nie:  1.  Dieselfde God wat vir ons lewe gee, kan sekerlik vertrou word om ook in ons ander behoeftes te voorsien.  2.  Die God wat vir voëls sorg, sal vir sy mense sorg – ons is immers baie meer werd.  3.  Bekommernis vermors energie sonder om enigiets te    verander.   4.  Bekommernis ignoreer die sorg wat ons reeds van God ontvang het.  5.  Ons is God se kinders.  6.  Wanneer ons bekommerd is oor môre, mis ons uit op vandag se gawes.  Bid vir die genade om op God te vertrou wanneer jy onder druk is.

Dag 2 – Wie God is – 13/11/09

Lees Klaagliedere 3:37-38

Die verskrikking van Jerusalem se vernietiging was nog helder in Jeremia se gedagtes toe hy hierdie reeks van 6 klaagliedere geskryf het.  Tog is dit woorde van hoop eerder as wanhoop.  Dit herinner ons dat ons enigste werklike hoop die karakter en beloftes van God is.   Kyk na die karaktertrekke van God wat hier beskryf word.

Ons het 2 opsies:  of ons sien God se karakter in die lig van ons probleme, of ons sien ons probleme in die lig van God se karakter.  Eg. laat ons wegkyk van God na onsself.  Oordink hoe jy gewoonlik geneig is om na God se karakter en jou probleme te kyk.