Skip to main content

Bevryding – Eksodus 1-17 (4-10 Februarie)

Bevryding – Eksodus 1-17

Die verhaal van Eksodus fokus op drie beslissende invloede in Israel se verstaan van hulleself as God se volk (Vgl. die Hebreeuse titel:“ En dit is die name”) :

  • Die verwondering oor die verlossing wat God bewerk het uit die vernederende afgryse van die tyd van slawerny van ongeveer 400 jaar – die Trek (Eksodus);
  • Die uitverkiesende en verbondsluitende openbaring van God se wil op die berg Sinai – die Tora;
  • Die herstel van God se dinamiese teenwoordigheid by sy mense – die Tabernakel.

Kyk vir die volgende met die deurlees:

  • Hoe Moses se verhaal doelbewus vertel word om sy rol in die Eksodus te beklemtoon.  Let op die twee primêre verhale wat vervleg word met die fokus op die lot van die Israeliete aan die een kant en op die lot van Moses aan die ander kant.
  • Let op die drie fases van die verlossing: 1) die konfrontasie met farao en die eerste 9 plae, 2) die vervlegting van die tiende plaag en die verhaal van die Paasfees, 3) die verhaal van die Eksodus self wat sy hoogtepunt in die wonderbare oorsteek van die Rietsee bereik.  (Daar is eintlik ’n 4de fase ook, die loflied wat Moses, Israel en Miriam sing ter ere van die verlossing.  Maar dit word nie in Die Storie weergegee nie)

Kleingroep byeenkoms

Gebruik die RUS, LUISTER, LEEF metodiek wat julle al goed ken.  Hier is ’n paar besprekingsvrae om met die luister te help (julle kan ook die besprekingsvrae agter in die boek DIE STORIE gebruik):

Vertel vir mekaar wat julle in die vervlegting van Moses en die volk se lewe raaksien:

  1. van hoe mense met mekaar werk en watter rol leiers speel?
  2. van die rol wat omstandighede, geleenthede, gebeure, selfs wonderwerke speel?
  3. van hoe God betrokke is in die lewe van sy mense binne hulle omstandighede en wat jy van sy karakter kan agterkom?

Hoe raak dié perspektiewe jou eie persoonlike lewe en wêreld?

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.