21-27 Okt: God praat privaat en publiek

Paddas sonder bene kan nie hoor nie:  God praat privaat en publiek

Huisgodsdiensmateriaal 21-27 Oktober 2012

RUS EN ONTVANG

  • Hoe help ons gemeente jou en jou geliefdes om jul geloof te leef?
  • Hoe dra jou huislike lewe by tot die gemeente se getuienis na die wêreld?
  • Laat iemand Ps 122 biddend voorlees. Verbeel julle dat julle ‘n groepie mense is wat saam reis na die tempel in Jerusalem. Terwyl julle so reis, sing julle hierdie Psalm.

HOOR EN ONTGIN

Lees Handelinge 2:46-47 ; 5:41-42; 20:20

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • In die Nuwe Testament het gelowiges nie net in die tempel (openbare plekke, soos die kerkgebou vandag) bymekaar gekom om God te aanbid nie, maar ook in hul huise.
  • Hoekom is dit belangrik dat mens aan ‘n gemeente behoort? Hoekom is dit nie genoeg nie? Hoekom moet ‘n mens by jou huis ook saam Bybel lees en die Here dien?
  • Sondag is Hervormingsondag.  Ouers, vertel vir kinders die storie van die Reformasie (jy kan gerus vooraf gaan kyk hier – dis ‘n kort, eenvoudige opsomming wat ouers kan gebruik om vir hul kinders te verduidelik waaroor die reformasie gaan!) en wat dit beteken dat ons “gereformeerd” is (ons glo dat ‘n mens nét deur genade deur geloof in Jesus gered word en die Bybel is vir ons baie belangrik). 

LEEF EN ONTPLOOI

  • In Handelinge lees ons dat die gelowiges hul besittings gedeel het met diegene in nood. Bo en behalwe jou dankoffer, kies ‘n manier om jou besittings te deel. (Dink o.a. aan die Kerspartytjie vir die Barcelona-Voedingskema, die gemeente se bediening aan die huishulpe en die MTR Smit – maar dink ook breër waar die Here jou besittings kan gebruik.)
  • In stede van die Noord-Amerikaanse Halloween, vier Hervormingsondag! Kyk hier vir idees oor kostuums en aktiwiteite.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
     

Trackback from your site.

Leave a comment