Skip to main content

20-26 Jan: God bou ‘n Nasie

Huisgodsdiens

RUS

  • Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Hoofstuk 2 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Abraham (Genesis 12-36) uit enige kinder-vriendelike Bybel.

Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Ons sien in hierdie verhale dat God vir sy kinders sorg, van geslag tot geslag.  Ouers, vertel stories van hoe die Here in die verlede vir julle en vir vorige generasies van jul familie gesorg het. 
  • Vertel vir mekaar hoe die Here nou vir julle sorg.

LEEF

  • Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

huisgodsdiens storie Genesis Abraham

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.