Geloof van Tomas
Die eerste Sondag ná Paasfees staan tradisioneel bekend as “Heilige Humor Sondag”. Ons word vandag genooi om onsself nie só ernstig op te neem nie, nie soveel druk op onsself te plaas nie. Ons word genooi om te ontspan, om die genade wat ons ontvang het, te geniet!