Kleingroepmateriaal 31 Julie tot 6 Augustus 2017
SAAM-LUISTER
Ingenooi deur God: Vertel vir mekaar waar en hoe julle tans die Here se seën beleef.
Ingaan in God se tyd: Laat iemand Psalm 67 biddend voorlees.
Luister na God se Woord: Lees Numeri 6:22-27. Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer: wat staan vir jou uit, wat raak jou?
Luister na mekaar: Vertel vir mekaar wat julle gehoor het in die teks.