Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe
Die hart van die boodskap vandag is dat die wonderwerk van vergifnis eintlik die belangriker wonderwerk is. ‘n Mens sou selfs kon sê, die wonderwerk van vergifnis troef die wonderwerk van genesing, al gee Jesus uiteindelik albei vir die man.
Want sien, jy kan met albei jou twee bene loop, sonder krukke oor die weg kom, sonder ‘n draagbaar of in sy geval ‘n slaapmat beweeg, maar as jou sonde nie op ‘n manier vergewe word nie, is jou toekoms duister.
“Hou moed, kind, jou sondes word vergewe.” Jesus sien dus sy hart raak, en genees sy hart. Vergifnis is die groter wonderwerk, dié een waarvan fisiese genesing eintlik net die teken is.
Jesus is dus nie maar net die Groot Geneesheer nie. Hy is veral die Groot Vergewer van sondes.
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: