Afskeidsgesprekke – Johannes 13-17 Preek
Een van die (magdom) wonderlike dinge van die evangelie van Johannes, is dat Jesus se openbare bediening effektief klaar is teen die einde van hoofstuk 12. Maar die verhaal van sy lyding en sterwe, word eers vertel van hoofstuk 18. Tussen-in (hoofstukke 13-17) is dit asof die hele evangelie in stadige aksie beweeg. Jesus eet saam met sy vriende, hy was hul voete wys sy verraaier aan. Nou wil Jesus hulle voorberei vir wat voorlê. Hy gaan weg.
Hievandaan, van hierdie tafelgesprekke – afskeidsgesprekke – vertrek Jesus direk na Getsemané. Maar vir nou praat Jesus met sy vriende, deel hy die laaste paar goed met hulle.
Dink jou in: jy gaan weg. Na ’n leeftyd saam met jou kinders, waartydens jy hulle na die beste van jou vermoë voorberei het vir wat voorlê, is dit nou jul laaste oomblikke saam. Hierna is jy weg. Hulle gaan moet leef van wat jy hulle geleer het. Wat sal jy wil sê?