• Home
  • Huisgodsdiens; materiaal; huisgodsdiensmateriaal; handelinge 8; Etiopiër; Filippus; Bybel; Gees; Pinkster

Posts Tagged ‘Huisgodsdiens; materiaal; huisgodsdiensmateriaal; handelinge 8; Etiopiër; Filippus; Bybel; Gees; Pinkster’

Hand 8:26-40 Week vanaf 14 Mei 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 14-20 Mei 2012

RUS

  • Sondag was Moedersdag.  Vertel vir Mamma hoekom sy vir julle kosbaar is.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Handelinge 8:26-40 uit ‘n eenvoudige vertaling van die Bybel.

Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).

  • Kyk hoe die Gees vir Filippus stuur om saam met die Etiopiër te stap!  Die Gees praat altyd met ons, maar ons erken dit nie altyd as Sy stem nie.  Gesels met mekaar:  hoe praat God met jou?  Vertel van ‘n keer wat die Gees jou al gelei het – wat het gebeur;  hoe het jy geweet dis die Here se leiding?
  • Die Etiopiër was besig om die Bybel te lees, maar het dit nie verstaan nie.  Na wie toe gaan jy om jou te help wanneer jy iets in die Bybel nie verstaan nie (of wat doen jy om dit beter te verstaan)?  Vertel vir mekaar van ‘n keer wat jy iets in die Bybel gelees het wat vir jou baie beteken het. 

LEEF

  • Wat vra die Here nou van jou?
  • Pinkster begin volgende week!  Bid vir Oom Chris, wat mense gaan leer hoe om na God se stem te luister, vir Oom Kobus, wat dieselfde by die aftree-oorde gaan doen, en vir Tarine & Theunis de Ridder, wat Pinkster vir die kinders gaan lei.  Bid dat die Here hierdie Pinkster met julle elkeen sal praat.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
Continue Reading